Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
KYK: Matrieks skrik nie vir besigheidstudies
Monique Stephens, Dian Reynecke, Ricardo Smit en MJ Roothman van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion het Donderdag besigheidstudies geskryf. Foto: Arisa Janse van Rensburg

’n Maklike vraestel sonder uitvangvrae. Dit is hoe matrikulante van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion Donderdag se besigheidstudies-vraestel beskryf.

Die vraestel het 300 punte getel met drie uur om dit te voltooi.

“Ek dink dit was ’n billike vraestel en dit was makliker as die rekordeksamen,” sê Monique Stephens (18). Sy sê die langvrae was ook maklik.

Vir die skool se hoofseun, Ricardo Smit (18), was die vraestel ook billik. “Ek het ’n bietjie gesukkel met vraag twee, maar ek voel die res van die vraestel was heel maklik.”

Hy meen die tydsindeling is nie reg gedoen nie en dat daar meer tyd toegeken moet word om die opstelvrae te beantwoord.

MJ Roothman (18) sê die vraestel was makliker as die rekordeksamen en dat hy in die drie uur die vraestel kon voltooi. “Die assesseringskriteria wat ons voor die tyd gekry het, het ongelooflik baie gehelp,” sê hy.

Volgens Dian Reynecke was die vraestel maklik, “maar ek moet sê die rekordeksamen wat eintlik ’n bietjie makliker en vandag se tyd was bietjie min.”

Monique Stephens van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Die Hoërskool Eldoraigne se hoofseun, Ricardo Smit (18). Foto: Arisa Janse van Rensburg
MJ Roothman (18) Foto: Arisa Janse van Rensburg
Dian Reynecke (18)Foto: Arisa Janse van Rensburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.