Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
KZN: LUR tevrede met styging in slaagsyfer

Mthandeni Dlungwana, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, is tevrede met die slaagsyfer van matrieks in dié provinsie, ondanks die feit dat dit laer is as die nasionale gemiddeld.

“Ons is verheug om aan te kondig dat ons vir die derde keer agtereenvolgens daarin kon slaag om die provinsie se slaagsyfer te verbeter. Ons algemene slaagpersentasie vir 2018 staan op 76,2%, wat 3,3% hoër is as in 2017,” het Dlungwana Vrydag gesê.

Mthandeni Dlungwana, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal. Foto: Argief

Dié slaagsyfer is egter steeds laer as die nasionale gemiddeld van 78,2%. Volgens Dlungwana is die provinsie op die regte pad en wys die slaagsyfer vir 2018 dat al die nodige stelsels in plek is. “Met dié sterk fondasie mik ons na niks laer as ’n 80%-slaagsyfer vir vanjaar nie,” sê hy.

KwaZulu-Natal het 116 152 heeltydse matriekkandidate en 13 103 volwasse onderwys-en-opleidingskandidate (AET) gehad wat die matriekeksamen afgelê het. Dit is die meeste in die land.

Die provinsie het 38 573 leerlinge wat met universiteitsvrystelling geslaag het, oftewel 33,2% van heeltydse kandidate vir 2018, in vergelyking met 28,7% in 2017.

Die 12 distrikte in die provinsie het almal ’n slaagsyfer van bo 70% behaal, met die hoogste die Amajuba-distrik met 81,7%.

Die slaagsyfer vir wiskunde vir 2018 is 50,6%, en vir fisiese wetenskap 73,6%.

Die getal skole wat ’n 100%-slaagsyfer behaal het, het toegeneem tot 121 skole.

Volgens Dlungwana is vandalisme en diefstal by skole steeds ’n groot probleem. “Dié dade is aan die toeneem en ons rig ’n duidelike waarskuwing dat ons die oortreders gaan vasvat.”

Die uitdeel van sanitêre doekies onder skoolmeisies was ook ’n groot sukses in KwaZulu-Natal. “Die program het ’n groot impak op skole gehad en dit help dat leerling minder afwesig is van die skool omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie,” sê Dlungwana. Hy sê die nasionale regering gaan dié program ook na ander provinsies uitbrei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.