Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Lewenswetenskap ‘nie so moeilik soos in September’

Matrikulante aan die Hoërskool Cillié in Port Elizabeth het Vrydag uiteenlopende reaksies gehad nadat hulle die eerste vraestel in lewenswetenskap afgelê het.

Jamey Langford Foto’s: Lulama Zenzile

Hulle is dit egter eens dat dié vraestel nie so moeilik was soos die September-vraestel nie.

Die leerlinge sal die naweek met hul neus in die boeke sit om voor te berei vir die tweede vraestel Maandag.

Jamey Langford sê lewenswetenskap is een van die vakke waarmee sy ’n bietjie sukkel. Sy het deur die jaar elke kwartaal probeer om beter punte te kry.

Vir Vrydag se vraestel het sy lank voor die tyd begin leer.

“Die vraestel was darem nie so moeilik soos ek verwag het nie. Ek hoop net die uitslae gaan ook oukei wees.”

Vir Adané van Greunen was die vraestel ’n verbasend goeie kombinasie van moeilike en maklike vrae.

“Ek het uit my handboek geleer, wat nou lyk soos ’n inkleurboek met alles wat ek onderstreep het en al die notas.”

Ryan Strever het ou vraestelle uitgewerk en hy het iemand gehad wat saam met hom deur die werk gegaan het sodat hy die inhoud beter kon verstaan.

“Vandag se vraestel was verbasend genoeg baie makliker as die derde kwartaal se vraestel.”

Megan Stevens het dit beaam.

“Die voorbereiding was vir my baie moeilik omdat ek die vorige dag besigheidstudie geskryf het – en ek was uitgeput.

Adané van Greunen

“Ek het nietemin vroeg gaan slaap en vroeg opgestaan om deur al my werk te gaan. Ek kon die meeste van die vrae beantwoord.”

Tamia Wentzel sê die voorbereiding was woes, want sy het al haar leervakke in een week geskryf.

“Ek het baie vraestelle deurgewerk. Ek wil nie te vroeg praat nie, ek sal maar wag en sien wat sê die uitslae.”

Hier en daar was daar so ’n paar vrae wat Shadon Smith nie geken het nie.

Hy het ook vandeesweek baie leervakke geskryf.

“Ek het nie te veel druk op myself geplaas nie. Ek het rustig deur my werk gegaan.”

Die leerlinge glo almal hulle het genoeg tyd gehad om die vraestel af te lê.

Ryan Strever
Megan Stevens
Tamia Wentzel
Shadon Smith

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.