Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Lewenswetenskap-vraestel gee matrieks opdraand
Tinka Fox Foto: Verskaf
Annika Streicher Foto: Verskaf
Nadia Enslin Foto: Verskaf

Vanjaar se Lewenswetenskap-vraestel was moeiliker as wat verwag is, meen die matrieks van die Hoërskool Langenhoven in Riversdal wat Vrydag die eerste vraestel in dié vak geskryf het.

Die vraestel het bestaan uit drie afdelings oor verskeie onderwerpe wat deur die jaar behandel is. Dit sluit in meiose, menslike voortplanting, reaksie op die omgewing, die endokriene stelsel, homeostase, planthormone en menslike impak.

Tinka Fox sê die vraestel was billik, maar dit was beslis moeiliker as wat sy verwag het.

“Oor die algemeen het ek “orraait” geskryf, maar dit was ’n vreemde vraestel, want die werk is op ’n vreemde manier gevra.”

Sy sê ook die tyd was nie genoeg nie.

“Jy moes baie skryf en ek het net-net klaargekry. ’n Paar ekstra minute sou gehelp het.”

Sy sê sy het by ’n vraag oor planthormone vasgehaak want dié vraag haar laat kopkrap.

Tinka meen alhoewel sy baie hard geleer het, was die vraestel steeds uitdagend.

Ek is gewoond daaraan dat ek genoeg tyd het en weer my antwoorde kan deurgaan, maar ek het nie vandag tyd daarvoor gehad nie. Ek kon wel die vraestel voltooi.

Annika Streicher, haar klasmaat, dink die vraestel was moeilik. “Ek het nie lekker geskryf nie. Die vraestel was moeiliker as die rekordeksamen.”

Volgens haar was die tyd hopeloos te min.

“Ek het nie heeltemal klaargekry soos wat ek graag wou nie. Ek het by baie vrae vasgehaak wat in verskillende afdelings voorgekom en oor verskillende onderwerpe gehandel het. Planthormone was vir my die moeilikste vraag en ook een van die vrae waar ek die hardste moes dink.”

Volgens haar het sy ook baie hard vir die vraestel geleer.

Nadia Enslin sê sy weet nie hoe om die vraestel te beskryf nie. “Ek kan jou wel sê dat vandag se vraestel ’n baie hoër moeilikheidsgraad gehad het as al die ander vraestelle wat ek ter voorbereiding vir die eksamen uitgewerk het. En ek het baie vraestelle uitgewerk.”

Volgens haar het sy egter nie “sleg” geskryf nie en ook nie met enigiets spesifieks gesukkel het nie, maar die tyd was ’n probleem.

“Ek is gewoond daaraan dat ek genoeg tyd het en weer my antwoorde kan deurgaan, maar ek het nie vandag tyd daarvoor gehad nie. Ek kon wel die vraestel voltooi.”

Volgens haar moes ’n mens by enkele vrae ’n bietjie harder dink, maar daar was beslis nie enigiets wat sy nie kon doen nie.

Hoewel sy eers Woensdag kon begin leer, is sy iemand wat effektief leer wanneer sy eers begin.

“Hoewel ek nie baie tyd gehad het om te leer nie, kan ek met sekerheid sê dat ek my werk baie goed geken het.”

• Die matrieks skryf Maandag lewenswetenskap se tweede vraestel.

Meer oor:  Matriek 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.