Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Lewenswetenskap-vraestel is ‘goed opgestel’

Die eerste Lewenswetenskap-vraestel wat matrieks Vrydag landwyd geskryf het, “was billik en goed opgestel”.

Anya du Toit van die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres.

Hulle moes die vraestel van 150 punte in twee en ’n half uur beantwoord.

“Oor die algemeen was die vraestel goed opgestel. Ek dink ons was baie gelukkig met ons lang vraag. Dit was betreklik eenvoudig, daar was net baie skryfwerk. My hand het nogal moeg geraak,” sê Madelein Dippenaar van die Paarl Gimnasium in die Boland.

Een vraag, oor die voorbehoedpil, was volgens haar “nie maklik nie, maar baie interessant. Ons moes ’n hele paragraaf daaroor skryf. Dit was nogal uitdagend, maar ek dink (die vraag) het nogal koppe gedraai.”

Dippenaar verwag om bo 90% vir die vraestel kry.

Gerrit Thom van die Paarl Gimnasium sê: “Ek het baie lekker geskryf en ek kon betyds klaarmaak. Ek meen hulle kon meer van die werk wat ons vanjaar behandel het, getoets het. Hulle het baie gefokus op ’n hoofstuk wat ons aan die einde van gr. 11 behandel het. Hulle het gesê ons moet dit in matriek hersien en toe het dit nogal ’n groot deel van die vraestel uitgemaak.”

Thom sê hulle het vanjaar ’n kwartaal aan menslike voortplanting bestee, maar daar was min daaroor in die vraestel. “In gr. 11 het ons sowat ’n week aan menslike invloed bestee, maar tog het dit meer punte in die eindeksamen getel.”

Madelein Dippenaar van die Paarl Gimnasium in die Boland.
Gerrit Thom van die Paarl Gimnasium in die Boland.

Thom sê sowat 20% van die matrieks het die vraestel in net ’n uur en ’n half beantwoord. “Ek weet net nie of dit was omdat die vraestel vir hulle maklik was nie.”

Anya du Toit van die Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres meen die vraestel was billik. “As jy jou werk geken het, sou jy meeste van die vrae kon beantwoord. Daar was nie regtig ’n spesifieke vraag (waarmee ek gesukkel het) nie; die vraestel was oor die algemeen makliker as die September-eksamen.

“Daar was genoeg tyd en ek kon weer deur my vraestel gaan. Ek sou nie sê dat ou vraestelle noodwendig sou help nie, want die vrae was redelik voor die hand liggend. Ek het moeiliker verwag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.