Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Lewens-wetenskappe was maklik, sê matrieks

Vrydag se eerste lewenswetenskappe-vraestel was baie lekker, sê die onderwyseres Amanda Nell, wat dié vak by die Hoërskool Bothaville aanbied.

Nell sê haar leerlinge is almal baie tevrede en sê dit was ’n lekker vraestel. Sy sê daar was nie by die kinders twyfel oor die antwoorde nie en die vrae oor die sketse was ook duidelik.

Daar was ook meer as genoeg tyd, niemand het gesukkel om betyds klaar te kry nie.

“Ek hoop Maandag se vraestel is ook so goed,” sê sy.

Nell is optimisties dat daar ’n hele paar onderskeidings uit haar klas sal kom.

Madeli Volschenk, onderwyseres by die Hoërskool Hennenman, sê haar leerlinge by die skool is baie positief oor die vraestel en sy hoop dat die tweede vraestel ook goed ontvang sal word.

Johnny Meyer, ’n leerling van die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein sê die vraestel was baie billik, met ’n moeilike vraag hier en daar. Hy hoop vir 87%.

Annika van Staden van die Hoërskool Diamantveld sê dit was ’n maklike vraestel. “Ek was voor die tyd klaar. Ek het gemaklik geskryf. Dit het nie veel van die vraestel van September verskil nie. Ek hoop om meer as 80% te behaal.” Sy sê sy het nie vooraf ander vraestelle deurgewerk om voor te berei nie.

Lu-Marie Schlebusch van die Hoërskool Hennenman sê vir die eerste keer in ’n lang tyd was sy gemaklik met vraag vier, die opstel, maar van die ander vrae was vir haar soms ’n bietjie vreemd gestel.

Sy sê veral die vraag oor voorbehoedmiddels het haar onkant gevang, maar sy het genoeg tyd gehad om klaar te skryf. Sy gaan hard leer vir Maandag se tweede vraestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.