Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matriek: Hamergooikampioen ook kampioen in akademie

Leroy Mosia, ’n Vrystaatse hamergooikampioen en Hoër Tegniese Skool (HTS) Sasolburg se topmatriekleerling vir 2018, se ses onderskeidings het sy verwagtinge oortref.

Hy is Vrydag, op sy 18de verjaarsdag, toe die matriekuitslae verskyn het met dié onderskeidings verras.

Dié voornemende elektriese ingenieur is nie net sterk op die atletiek- en sportveld nie, maar ook akademies.

Leroy Mosia, Vrystaatse hamergooikampioen en Hoër Tegniese Skool (HTS) Sasolburg se topmatriekleerling vir 2018.

Hy het onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, elektriese tegnologie (digitale stelsels), ingenieursgrafika en ontwerp, inligtingstegnologie en fisiese wetenskap.

Sy gemiddeld in sy ander twee vakke, Engels (huistaal) en Afrikaans (eerste addisionele taal), is bo 70%. Sy sterkste vakke is fisiese wetenskap en inligtingstegnologie, waarin hy onderskeidelik 97% en 91% verwerf het.

Leroy, wat vier onderskeidings verwag het, het nie ’n spesifieke geheim vir sy akademiese prestasies nie.

“Ek het net baie geleer en geglo dat ek sal goed vaar.”

Hy is gek oor rekenaars en programmering en daarom is inligtingstegnologie sy geliefkoosde vak.

“Ek is baie dankbaar en gelukkig daaroor en dank die Here daarvoor,” sê hy oor die feit dat hy topleerling in sy graad is, wat nie iets nuuts is nie.

Leroy Mosia, blink nie net op die atletiekveld uit nie, maar ook op akademiese gebied. Hy het ses onderskeidings in matriek behaal.Foto: Verskaf

Leroy is sedert 2015 die hamergooikampioen in sy ouderdomsgroep by die Vrystaat Interhoërkampioenskappe en hy het ook vir die skool se o.19A-sokkerspan uitgedraf.

Hy is die seun van Mathapelo en Neo, albei onderwysers by die Boitumelong Primary School in Heilbron, waar die gesin woon.

Hy gaan sy vriende en die atmosfeer by die skool die meeste mis.

“Almal in die skool het ’n hegte band met mekaar gehad.”

Hy sal vanjaar met ’n beurs by die Universiteit van Kaapstad studeer.

“Ek sien uit na die nuwe uitdagings wat op my wag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.