Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks het gemengde gevoelens oor lewenswetenskappe vraestel 2

Matrikulante van die Hoërskool De Kuilen in Kaapstad wat die tweede lewenswetenskap vraestel Maandag geskryf het, verskil almal van mening. Sommige meen dié vraestel was makliker terwyl ander sê dit was beslis moeilik.

Die vraestel het uit drie afdelings bestaan, met vrae oor DNS/RNS en nukleïensure, meiose, genetika en oorerwing en evolusie. Afdeling A het uit kortvrae bestaan en het al die werk wat vir vraestel twee behandel is, bevat. Afdeling B het uit langer vrae en ook gevallestudie tipe vrae bestaan terwyl afdeling C ’n langvraag oor DNS (deoksiribonukleïensuur) was.

Gerben Visser sê die vraestel was vir hom billik en dié vraestel baie beter as vraestel een.

Gerben Visser

“Vraestel een was moeiliker as gewoonlik in vergelyking met vorige jare se vraestelle, maar ek dink vraestel twee was baie meer werk as wat ek verwag het.”

Gerben sê hy het goed geskryf.

“Die vraestel was regtig billik opgestel. Jy moes net jou werk goed geken het. Die vrae oor genetika en evolusie was maklik en dit het ook ’n groot deel van die vraestel opgeneem.”

Gerben sê verder die tyd was oorgenoeg vir hom en om weer deur sy antwoorde te gaan.

“Die opstelvraag oor DNS het my egter bietjie onkant gevang omdat dit nie ’n opstelvraag is wat mens sou verwag nie. Dit was darem nie so sleg nie en daar was genoeg vir my om oor te skryf,” sê hy.

Gerben sê hy het hard geleer vir dié vraestel.

Jordan Arendse sê die vraestel was taamlik moeilik.

“Oor die algemeen het ek “orraait” geskryf. Daar was ’n paar vrae wat ons nie baie op gefokus het nie, wat wel gevra was. Maar dit maak sin dat dit wel gevra is, want die ander skole het dit ook behandel.”

Meeka Julius

Jordan sê vraestel een was vir haar makliker in vergelyking met vraestel twee.

“Ek hou baie van dit wat in vraestel een gevra is. Die meeste van die matrikulante sê egter vraestel een was vanjaar baie moeilik.”

Jordan sê die tyd was oorgenoeg vir haar en dat sy nie by enige spesifieke vrae vasgehaak het nie.

“Ek was goed voorbereid en daarom kon ek alles beantwoord. Ek het baie hard geleer vir dié vraestel. Ek het drie vorige jare se vraestelle uitgewerk en hoop vir ? onderskeiding,” sê sy.

Jordan Arendse

Meeka Julius sê die vraestel was baie lekker.

“Vandag se vraestel was beslis beter as vraestel een wat ons Maandag geskryf het. Ek dink dit kan toegeskryf word aan die feit dat vraestel een ons so onkant gevang het, dat ek en baie ander matrikulante ekstra hard vir vandag se vraestel voorberei het.”

Sy sê verder sy het oorgenoeg tyd gehad om die vraestel te voltooi.

Meeka sê die langvraag in die vraestel het haar ’n bietjie gedwing om te dink, maar sy kon dit ten volle antwoord.

“Ek het baie hard geleer vir vandag se vraestel. Ek het nie net op die notas staatgemaak wat ons by ons onderwyser gekry het nie, maar het ook ander hulpbronne soos die internet gebruik,” sê Meeka.

Die matrieks skryf Dinsdag geskiedenis vraestel twee.

Meer oor:  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.