Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks: Kommer oor W-Kaap en N-Kaap se uitslae

Die swakker matriekuitslae in die Wes-Kaap en Noord-Kaap is ’n bron van kommer vir die ANC.

Die party meen dat onmiddellike aandag daaraan gegee moet word sodat die leerlinge se prestasies in 2019 kan verbeter, het Zizi Kodwa, waarnemende ANC-woordvoerder, Vrydag gesê.

Hy het egter ook bygevoeg dat die 2018-uitslae ’n bevestiging is van die deeglikheid waarmee die onderwysstelsel getransformeer word en dat die betekenisvolle belegging wat elke jaar gemaak word, vrugte afwerp.

“Ons wens die matrieks van 2018 geluk met hul verdienstelike prestasies, sowel as die harde werk van die onderwysers, skoolbeheerliggame, ouers en die breër samelewing wat waardevolle ondersteuning aan die leerlinge verskaf het.”

Zizi KodwaFoto: Peter Abrahams

Volgens Kodwa is die ANC ook bemoedig deur die opwaartse momentum wat die provinsies, wat histories gesukkel het om hul prestasie te verbeter, getoon het.

“Die beduidende prestasies deur ’n aantal provinsies is rede om te vier en om beter uitslae te bereik.”

Hy het bygevoeg dat die ANC se verbintenis tot gehalte-onderrig, wat relevant is en behoorlik aan die eise van radikale sosio-ekonomiese transformasie en die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie voldoen, nog nooit groter was nie.

“Ons kom ’n lang pad om toegang, regstelling en billikheid in onderwys te verkry en ons moet op koers bly deur groter klem te lê op gehalte-onderrig en leeruitkomste, om die vaardighede en bevoegdhede van onderwysers te verbeter en om die aanspreeklikheidstelsel te verbeter om te verseker dat goeie uitslae behaal word.”

Kodwa meen egter baie meer moet nog gedoen word.

“Sentraal in hierdie uitdagings is die rol van die burgerlike samelewing om te verseker dat geen leerling van sy reg tot onderwys ontneem word nie.

“Ons moet almal verontwaardig wees wanneer dele van ’n gemeenskap skole toemaak en leerlinge so die kans ontneem om onderrig te ontvang. Ons moenie stilbly as skole afgebrand word onder die voorwendsel van protesoptogte oor dienslewering nie.”

Volgens hom moet Suid-Afrikaners as ’n nasie saamstaan met een visie om die toekoms van alle leerlinge te waarborg.

“Om dié rede bly onderwys ’n topprioriteit vir die ANC.”

Meer oor:  Zizi Ko­Dwa  |  Matriekuitslae2018  |  Matriek2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.