Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks: Maak só as jy wil oorskryf of laat oormerk

Die matrieks van 2018 wat aanvullende eksamens wil skryf of hul vraestelle wil laat oormerk, het net tot 22 Januarie tyd om daarvoor aansoek te doen.

Vanjaar val die aanvullende eksamens vir gr. 12 saam met die nasionale eksamens wat in Mei en Junie plaasvind, volgens ’n verklaring van die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

Net diegene wat in November 2018 die nasionale matriekeksamens geskryf het, kan kwalifiseer om die aanvullende eksamens te skryf.

Dit sluit in:

  • Kandidate wat gedruip het;
  • Kandidate wat deur is, maar hul punte wil probeer verbeter; en
  • Kandidate wat weens swak gesondheid of ander onvoorsiene omstandighede een of meer van hul vraestelle nie kon skryf nie.

Matrieks van 2018 wat hul vraestelle wil laat nagaan, het verskeie keuses. Dit sluit in:

  • Om die oorspronklike antwoordstel van ’n bepaalde vraestel vir ’n tweede keer te laat merk;
  • Om antwoordstelle te laat nagaan om te bepaal of alle antwoorde gemerk en al die punte korrek opgetel is; of
  • Nadat hul antwoordstelle se punte weer opgetel en hul antwoordstelle oorgemerk is, kan kandidate vra om self die antwoordstelle te sien.

Dit kos R105 per antwoordstel om dit te laat oormerk, R25 per vak om punte weer op te tel en R205 per vak om antwoordstelle na te gaan.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sal leerlinge terugbetaal wat ná die proses wel deurgekom of beter punte gekry het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.