Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks met virus sal nie by skole in W-Kaap toegelaat word

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) gaan nie toelaat dat leerlinge wat positief vir die koronavirus getoets is, hul Nasionale Seniorsertifikaateksamen aflê nie omdat daar geen isolasiesentrums vir hulle is nie.

Die WKOD het Vrydag gesê die departement van basiese onderwys konsulteer nie met hom en die provinsiale departement van gesondheid oor matrikulante met die koronavirus wat in ’n “isolasiesentrum” hul eksamen moet aflê nie.

Volgens Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, bestaan daar nie enige isolasiesentrums in die Wes-Kaap nie.

Die departement van basiese onderwys het Woensdag gesê leerlinge wat positief toets, sal steeds toegelaat word om met hul eksamens voort te gaan.

Hammond het in reaksie hierop gesê daar is geen protokol uitgereik oor hoe dit bestuur moet word nie en daar is onduidelikheid oor onder meer die proses van toesig en die hantering van die vraestelle.

Altesaam 69 699 leerlinge het Maandag hul eerste eksamenvraestel in die Wes-Kaap geskryf. Hammond het gesê dat daar op die eerste dag van die eksamen geen struikelblokke was nie, buiten dat ’n paar kandidate by die verkeerde eksamenlokaal opgedaag het. Hulle is wel geakkommodeer.

“Die WKOD kan nie ’n skool dwing om enigiemand op sy perseel toe te laat wat positief vir die koronavirus getoets is nie,” het Hammond gesê.

“Dit sal die leerlinge, opvoeders en die personeel in gevaar stel,” het sy bygevoeg.

News24

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Matriek 2020  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.