Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks moes mooi dink vir onderskeiding in ekonomie

Leerlinge wat goed voorberei het, sou die tweede ekonomie-vraestel slaag, maar sou mooi moes dink om ’n onderskeiding te behaal.

Hermann Bosch, ’n lektor in ekonomie-onderwys by die Noordwes-Universiteit, sê die vraestel was beslis nie maklik nie, maar daar was geen verrassings nie.

“By die langvrae, vraag 4 en 5, is daar sekere standaard-vrae wat hulle altyd vra. Een van dié vrae was presies dit, ’n kind kon dit ‘gespot’ het.

“Party van die vrae se puntetoekenning is wel vreemd. Daar’s ’n vraag oor hoe die verbruikersprysindeks die ekonomie beïnvloed, wat agt punte tel. Ek dink ek weet wat hulle wil hê, maar ek is nie seker waar hulle agt punte vandaan gaan kry nie. Dieselfde met twee ander vrae, maar dis klein goedjies,” sê Bosch.

“Die spotprent oor minimum lone is standaard en die grafiek is oor inflasie, wat ook ’n algemene vraag is. Ek dink dis ’n lekker vraestel, nie maklik nie, eerder ’n bietjie uitdagend.”

Wian van Staden, ekonomie-onderwyser by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, sê volgens sy leerlinge was die vraestel billik.

“Ek dink die hoë-orde-vrae was baie goed – uitvoerbaar vir die gemiddelde leerling en die bogemiddelde leerling sal ’n onderskeiding kan behaal. Oor die algemeen is ek baie tevrede met die standaard,” sê hy.

Bosch sê dis jammer dat al hoe minder skole ekonomie aanbied, omdat dié vak leerlinge se perspektief verbreed.

“Dit word as ’n moeiliker vak beskou. In Vanderbijlpark is daar nog net twee Afrikaanse skole wat ekonomie aanbied. Dis ’n analise-vak, leerlinge moet regtig ’n bietjie dink. En as jy enige BCom-rigting studeer, gaan jy ekonomie in jou eerste jaar doen.

“Hier is vrae oor Microsoft, Google, Tesla, internasionale handel en die monetêre beleid. Leerlinge verstaan as daar van ’n repokoers gepraat word. Ek dink die vak gee hulle ’n beter idee van wat in die wêreld aangaan,” sê Bosch.

Meer oor:  Ekonomie  |  Matriekeksamen  |  Eksamen  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.