Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrieks moes mooi kyk vir vangplekke in lewenswetenskap

Matrieks moes Vrydag se eerste lewenswetenskap-vraestel mooi lees om die vangplekke raak te sien in vrae wat op die oog af maklik gelyk het.

Hul kennis oor neurone, die dele van die brein en die oog, die menslike voortplantingstelsels en tirotoksikose is onder meer getoets.

Celeste Labuschagne van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wetenskap-onderwysersvereniging, sê daar was heelparty vrae wat beskrywings en verduidelikings vereis het waar leerlinge dalk nie al die inligting kon neerpen om volpunte te verdien nie.

“Daar was wel bekende toepassings in die vraestel en die meervoudige keusevrae was billik. Wat die langvraag betref, behoort leerlinge nie te veel te sukkel nie, aangesien dit nie te moeilik was nie.

“Dit was egter belangrik dat hulle baie mooi lees wat gevra word. Sketse wat verskaf is, lyk bekend, maar as die vrae nie mooi gelees is nie, kan die antwoorde verkeerd wees,” sê sy.

Antoinette Eriksson, ’n gr. 12-onderwyseres in lewenswetenskap by die Hoërskool Brandwag in Benoni, sê die vraestel was gebalanseerd met ’n paar moeiliker vrae. Tog meen sy dat dit oor die algemeen relatief maklik was.

“Die leerlinge voel positief oor die vraestel. Na my mening behoort almal wat genoeg geleer het, te slaag. Daar is ’n goeie kans vir slimkoppe om onderskeidings in dié vraestel te kry,” sê sy.

Anneke Kriek, ’n gr. 12-onderwyseres in lewenswetenskap by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, sê die leerlinge wat hard gewerk het, behoort hul punte te kry.

“Maar as jy na die detail gaan kyk en soos wat ek ook by van die toppresteerders gehoor het, is daar vangplekke en klein jakkalsies waarvoor hulle op die uitkyk moes wees. Maar oor die algemeen dink ek dit was ’n billike vraestel wat al die leerlinge geakkommodeer het,” sê sy.

Die tweede lewenswetenskap-vraestel kom Maandag aan die beurt.

Meer oor:  Matriek 2020  |  Matriekeksamen  |  Vraestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.