Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matriekuitslae 2020: Hier is Wes-Kaap se topskole
Alan Winde, Premier van die Wes-Kaap (links), Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys (voor middel) en Brian Schreuder, hoof van die WKOD (regs), saam met sommige van die toppresteerders. Weens Covid-19-regulasies kon nie almal die geleentheid bywoon nie. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse topmatrikulante is Dinsdag op ’n spesiale geleentheid by die premierswoning vir hul prestasies in 2020 se buitengewone matriekeksamen vereer.

Die geleentheid, wat gewoonlik deur honderde leerlinge, ouers, skoolpersoneellede en verslaggewers bygewoon word, was vanjaar tot 100 mense beperk.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het die groep toegespreek en toppresteerders, asook toppresterende skole, vir hul uitslae geloof.

“Die Wes-Kaapse slaagsyfer vir wiskunde het toegeneem, net soos ons slaagsyfer vir wiskundige geletterdheid,” sê Schäfer.

Die nasionale toppresteerders in wiskunde was ook van die Wes-Kaap: Daniel Alwyn Gouws van die Hoërskool Hermanus het die hoogste punte behaal, gevolg deur Veren Naidoo van die Rondebosch Boys’ High School. Dit is die tweede opeenvolgende jaar dat hierdie twee beste plekke deur Wes-Kapenaars beklee word.

Schäfer sê egter sy is teleurgesteld met hoe min leerlinge wiskunde en fisiese wetenskap neem, asook met die daling in die slaagsyfer vir fisiese wetenskap.

Alan Winde, Premier van die Wes-Kaap, lewer ’n toespraak op die geleentheid Dinsdag. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaap vaar goed in die internasionale navorsing bekend as die Trends in International Mathematics and Science Study in die laer grade en Schäfer dink dit behoort tot beter matriekresultate te kan lei.

Diocesan College (Bishops) in Rondebosch het die prys vir uitnemendheid in wiskunde gekry en die Hoërskool Claremont die prys vir fisiese wetenskap.

Herschel Girls High School in Claremont het die prys gekry vir uitnemendheid in Engels huistaal, die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch vir uitnemendheid in Afrikaans huistaal en die Sentrum vir Wetenskap en Tegnologie in Khayelitsha vir uitnemendheid in Xhosa huistaal.

Die voorste twee tegniese hoërskole is die Hoër Tegniese Skool Drostdy op Worcester en Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn.

Die top-20-skole in die provinsie met meer as 30 kandidate (onafhanklike skole ingesluit):

  1. Westerford High School
  2. Herschel Girls School
  3. Diocesan College (Bishops)
  4. Hoër Meisieskool Bloemhof
  5. Rondebosch Boys’ High School
  6. Rustenburg Girls’ High School
  7. Herzlia High School
  8. Star College Bridgetown
  9. Claremont High School
  10. Rhenish Girls’ High School
  11. Paul Roos Gimnasium
  12. South African College High School
  13. Hoër Meisieskool Paarl
  14. Springfield Convent of the Holy Rosary
  15. Wynberg Girls’ High School
  16. Hoër Meisieskool La Rochelle
  17. Parklands College
  18. Hoërskool D.F. Malan
  19. Hoërskool Parel Vallei
  20. Hoërskool Stellenberg

Die topvyfkandidate in die Wes-Kaap (onafhanklike skole ingesluit):

  1. Daniel Alexander van Nimwegen, Diocesan College (Bishops)
  2. Sonica Roux, Hoërskool Outeniqua
  3. Renske Strauss, Melkbos High School
  4. Hanna Alexa Todd, Westerford High School
  5. Andrew Low, Diocesan College (Bishops)
2020 se topmatrikulante sit ver uit mekaar tydens die geleentheid. Foto: Verskaf
Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.