Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrikulant van die Jaar-stryd beloon jonges wat uitblink

Die ouditeursfirma Mazars is weer die ouditeur van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie, maar vanjaar borg hierdie Bloemfonteinse ouditeursfirma ook ’n bedrag van R35 000 wat deel is van die top-14 se prysgeld.

Dié kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad word vanjaar vir die 40ste keer aangebied.

Matrikulante kan hulle nou inskryf vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Simoné Färber, ’n finalis in 2019, staan by Thinus de Vries van Mazars, een van die borge van die kompetisie.Foto: Siska Martin

Volgens Thinus de Vries van Mazars is dit vir die firma ’n voorreg om by die kompetisie betrokke te wees. “Dit is ’n geleentheid om ’n bydrae te lewer tot die toekoms van jong, dinamiese individue. Deur die kompetisie kry hulle ook erkenning vir hul prestasies en harde werk.”

De Vries sê die eindronde wanneer die 14 topdeelnemers van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein bymekaar kom vir die finale beoordeling, is veral ’n uitsonderlike geleentheid waar voornemende Kovsies vriendskapsbande kan smee.

Hy moedig matrikulante aan om hulle vir die kompetisie in te skryf. “Gee jouself die geleentheid om deel te neem aan dié prestigeryke kompetisie. Daar is ’n rede waarom dit al 40 jaar aan die gang is.”

Simoné Färber, ’n finalis in 2019, stem saam dat die eindronde ’n wonderlike geleentheid was om mense te ontmoet en om mekaar beter te leer ken in die aktiwiteite. “Die kompetisie was ’n regte self-esteembooster, dit het my in myself laat glo,” sê dié gebore Bloemfonteiner en oudleerling van die Hoërskool Jim Fouché.

Vir Simoné, ’n mediese student in haar tweede jaar, het die kompetisie die deurslag gegee toe sy tussen Kovsies en die Universiteit Stellenbosch moes kies. “Ek was nog nie ’n oomblik spyt nie.”

Matrikulante van oor die land heen wat nie net akademies presteer nie, maar wat ook betrokke is by kultuur, sport en leierskap by hul skole en wat beoog om in 2022 heeltyds aan die UV te studeer, kan hulself inskryf of hul skool kan hulle inskryf. Die skoolhoof se handtekening en die skool se stempel moet egter op die vorm aangebring word.

Alle inskrywings word volgens vaste kriteria beoordeel en 25 semifinaliste word aangewys. Altesaam 14 finaliste, wat uit die 25 gekies word, neem aan die eindronde deel wanneer onderhoude met die finaliste gevoer word. Gemeenskapsdiens en -betrokkenheid van leerlinge word tydens die beoordeling in ag geneem. Hulle neem ook aan spansessies deel waarna die wenner aangewys word.

Die wenner en 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van UV Studentewerwingsdienste, en die eindronde-geleentheid in Bloemfontein asook geskenke ter waarde van R10 000.

Die ander 11 semifinaliste ontvang prysgeld van Kovsie Alumni-trust en beurse van UV Studentewerwing. Twee spesiale pryse van R5 000 elk word geborg deur die Kovsie Alumni-trust en sal toegeken word vir uitstaande prestasie op die gebied van leierskap, akademie, sport of kultuur. Die beurse en prysgeld word betaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het. Inskrywings moet die UV voor of op Vrydag 6 Augustus bereik.

Vir inskrywingsvorms of meer inligting, stuur e-pos aan greylinl@ufs.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.