Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrikulant van Jaar opgewonde oor studies in Bfn

Pieter Hoogenboezem, Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die Jaar vir 2019, is so opgewonde oor die aanbreek van sy studies in Bloemfontein dat hy nie kan slaap nie.

Pieter het dié titel verlede jaar in September verower en is ook as vonkelpersoonlikheid van die bekroningsnaweek aangewys.

Dié voormalige onderhoofseun van die Hoërskool Pietersburg kom reeds Vrydag in die Rosestad aan om hom Sondag by die Kovsiekerk se Kougomkamp aan te sluit.

Hy wag nog vir keuring om medies aan die UV te studeer en sal voorlopig fisioterapie hier studeer.

Hy wil graag met mense werk en hulle help om gesond te word. Sy broer Jo (20) se dood aan malaria toe Pieter in gr. 10 was, het tot dié besluit bygedra. Hy het ook die afgelope naweek ’n neef aan die dood afgestaan.

Pieter HoogenboezemFoto: Charl Devenish

Dié sportman sien uit daarna om meer te leer oor die veld waarin hy belangstel en die kennis te benut.

Hy is verlig om klaar te wees met skool, maar sê tog hy gaan die skool en sy vriende beslis mis.

“Ek gaan nie die eksamens en klasse mis nie, maar my vriende, die sport en veral die koshuis.”

Hy sing graag en speel kitaar en in sy matriekjaar het hy aan rugby, muurbal, tennis, sokker en atletiek – diskus en gewigstoot – deelgeneem. Hy het voorheen ook hokkie gespeel.

Hy wil sy liefde vir rugby op universiteit verder uitleef en hoop om in die toekoms vir die Shimlas, Kovsies se rugbyspan, uit te draf.

Pieter sê hy het reeds “ongelooflik baie goed” gekoop vir die groot trek van sy ouerhuis in Tolwe, Limpopo, naby Suid-Afrika se grens met Botswana. Hy trek op 17 Januarie in Kovsies se nuwe koshuis vir mediese studente in.

Wat sy matriekuitslae betref, het hy ’n onderskeiding in lewensoriëntering en Engels behaal, met drie onderskeidings wat hy rakelings gemis het. Hy het ’n onderskeiding in Biologie en Afrikaans met 1% gemis en fisiese wetenskap met 2%. Pieter sal dit laat hernasien in die hoop om dan vyf onderskeidings te hê.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matriek 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.