Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Matrikulante, skryf nou in en wen groot!

Pieter Hoogenboezem beskryf sy eerste jaar as student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) as ’n “rollercoaster ride”. “Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar het ook uitgesien daarna.”

Die 39ste wenner van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie in 2019 en mediese student, sê Covid-19 was verlede jaar ’n groot opdraande, maar toe hy eindelik in Augustus kon terugkeer kampus toe, was dit lekker om ’n bietjie studentelewe te ervaar.

Niemand kon voorsien wat in 2020 in die wêreld gebeur het nie. Covid-19 het alles kom verander en dié gewilde jaarlikse kompetisie wat reeds sedert 1981 aangebied word, het ook verlede jaar in die slag gebly.

Matriekpresteerders van oor die land heen kan hulle nou vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad inskryf. Van links is prof. Francis Petersen, rektor van die UV, Pieter Hoogenboezem, wenner in 2019, en Gert Coetzee, redakteur van Volksblad.

’n Kompetisie wat so diep gewortel is in die skoolgemeenskap laat hom egter nie onderkry nie en matriekleerlinge van oor die land heen kan hulle nou vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die UV, Netwerk24 en Volksblad inskryf.

Goed afgeronde matrikulante – leerlinge wat nie net akademies presteer nie, maar wat ook betrokke is by kultuur, sport en leierskap by hul skole – wat beoog om in 2022 heeltyds aan die UV te studeer, kan hulle inskryf. Gemeenskapsdiens en -betrokkenheid van leerlinge word ook tydens die beoordeling in ag geneem.

Matrikulante kan hulself inskryf of hul skool kan hulle inskryf. Die skoolhoof se handtekening en die skool se stempel moet egter op die vorm aangebring word.

Alle inskrywings word volgens vaste kriteria beoordeel en 25 semifinaliste word aangewys. Altesaam 14 finaliste, wat uit die 25 gekies word, neem aan die Matrikulant van die Jaar-eindronde van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein deel. Tydens die eindronde word onderhoude met die finaliste gevoer en neem hulle aan spansessies deel, waarna die wenner aangewys word.

Die wenner en 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van UV Studentewerwingsdienste, asook die eindronde-geleentheid in Bloemfontein en geskenke ter waarde van R10 000.

Die ander 11 semifinaliste ontvang prysgeld van Kovsie Alumni-trust en beurse van UV Studentewerwing.

Twee spesiale pryse van R5 000 elk word geborg deur die Kovsie Alumni-trust en sal toegeken word vir uitstaande prestasie op die gebied van leierskap, akademie, sport of kultuur.

Die beurse en prysgeld word betaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het. Inskrywings moet die UV voor of op 6 Augustus bereik.

Vir inskryfvorms of meer inligting, stuur e-pos aan Linda Greyling na greylinl@ufs.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.