Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Michaela het haar oog op Olimpiese medalje

Sedert Michaela Murat (17) klein was, wou sy net hardloop. Toe het sy egter nog nie geweet dat daar soms ’n paar hekkies in jou baan gaan wees nie.

Een van die grootste hekkies waaroor sy moes spring, was die dood van haar oupa, Sarel Botes, net voor haar eindeksamen aan die Helpmekaar Kollege in Johannesburg.

“Dit was so moeilik vir my. Hy was soos ’n pa vir my en my hart was stukkend,” sê Michaela. Sy woon saam met haar ma Maryna en kleinboet, Ethan, in Alberton in dieselfde woonstelgebou as haar grootouers. Nou is dit net haar ouma.

“Ons het nooit besef hy het so baie in my atletiek belang gestel nie. Ná sy dood het al sy kollegas vertel hoe hy met my gespog het. Dit was baie spesiaal,” sê Michaela en begin huil as sy hom praat.

“Ek mis hom baie.”

Michaela Murat sê sy bid voor ’n wedloop dat die Here haar sal help. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Sy weet egter hy sou wou hê dat sy haar grootste droom moet volg: Om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

Michaela het reeds saam met ’n nuwe afrigter begin oefen en dié langafstandatleet oefen hard om aan die Spele deel te neem.

Sy het reeds goue- en silwermedaljes op verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale atletiekbyeenkomste gewen.

In gr. 10 het sy besef sy kan nie net op haar atletiek fokus nie. Sy het hard gewerk om haar akademie ’n hupstoot te gee, “en hoewel ek nie enige onderskeidings verwag nie, is ek steeds trots op myself oor wat ek kon bereik.”

Sy beplan om vanjaar aan die Universiteit van Pretoria sportbestuur te studeer.

Michaela het matriek geslaag met toegang tot graadstudie. 

Michaela Murat hoop om eendag ’n Olimpiese medalje te wen. Foto: Verskaf

Meer oor:  Helpmekaar Kollege  |  Johannesburg  |  Matriekuitslae  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.