Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Musiekdroom X 2 kry nou vlerke

Van kleins af was dié tweeling van die Hoërskool Centurion lief vir sing en dans, en later in hul lewe het hulle selfs hul tuisdorp in Mpumalanga verlaat om hul drome in die stad na te jaag.

Carla en Ané Els (18) is opgeleide klassieke sangeresse wat met hul talent al draaie in New York gaan maak het. Vanjaar wil hulle musiekteater gaan studeer.

Carla sê hulle het as klein meisies gekyk na musiekrolprente soos My Fair Lady en Paint Your Wagon.

“My ma het ons partykeer vroeg in die oggend tuis gelos terwyl ons Phantom of the Opera kyk. As sy saans tuis gekom het was ons stééds besig om Phantom of the Opera te kyk,” sê sy laggend.

In gr. 5 het hulle begin met sanglesse en in gr. 7 het hulle oorgeskuif na hul huidige sangonderwyseres, Ina Wiegand.

Hulle het elke Saterdag van Middelburg, waar hulle gewoon het, gery om vir sowat twee uur sanglesse by Wiegand te neem.

Carla en Ané Els (18) van die Hoërskool Centurion. Foto: Andrea Küsel

Dié tweeling het in gr. 10 besluit hulle is ernstig oor hul sangloopbaan en wou graag musiek en drama as skoolvakke neem, maar die Hoër Tegniese Skool Middelburg, waar hulle in daardie stadium skoolgegaan het, het nie dié vakke aangebied nie.

“Ons het besluit om te skuif na die Hoërskool Centurion, maar hulle het nie ’n koshuis nie. Ons het toe ’n woonstel naby die skool gekry,” sê Carla.

Die meisies se ma, Annelie, het haar kunsskool in Middelburg toegemaak en het saam met haar dogters Centurion toe getrek. Hul pa, Willem, het in Middelburg agtergebly.

“Oor naweke was ons een gesin as ons vir my pa gaan kuier het. In die week was ons geskei van mekaar,” sê Ané.

Hul gunstelingkompetisie tot dusver was Talent Africa.

In 2018 het die tweeling saam met die Suid-Afrikaanse span van Talent Africa oorsee gereis om aan die internasionale Talent-America-kompetisie in New York deel te neem.

Daar het hulle drie goue medaljes gewen en is tweede aangewys in nog drie kategorieë.

Daar het hulle drie goue medaljes gewen en is tweede aangewys in nog drie kategorieë.

Albei die susters het in hul matriekjaar hul gr. 8-sangeksamen in sowel Royal Schools en Trinity College voltooi. Hulle het ook hul gr. 8-eksamen in musiekteater aan Trinity College voltooi.

Hoewel dié tweeling baie na mekaar lyk, is hulle nie identies nie.

“Ons persoonlikhede verskil ook soos dag en nag. Mense wat ons ken, sal weet Carla is die uitgesproke een. Tussen vreemde mense is ek die stiller een, maar nie vir lank nie,” skerts Ané.

Op skool het albei ingenieursgrafika en -ontwerp, drama, musiek, Afrikaans, Engels, wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering gehad.

Albei het onderskeidings in wiskundige geletterdheid verwerf en Ané het ook ’n onderskeiding in lewensoriëntering gekry. 

Die tweeling wil vanjaar musiekteater aan die Oakfields College in Pretoria studeer.

Ná hul studie wil hulle “dag en nag” op die verhoog wees en rolle in groot produksies losslaan.

“Ek wil sing, dans en toneelspeel vir die res van my lewe,” sê Carla.

Meer oor:  Centurion  |  Matriek2019  |  Matriekeksamen2019  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.