Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Neefs wag saam op koerant vir uitslae

Toe Raylin en Lathym Bosman Donderoggend om 01:30 Die Burger koop, het die senuwees geknaag terwyl hulle hul eksamennommers begin soek.

Die stres was gelukkig van korte duur, want dié neefs (albei 18) het gou gesien hulle het matriek geslaag.

Raylin en Lathym Bosman het vroeg opgestaan om Die Burger te gaan koop, om te kyk of hulle matriek slaag. Foto: Verskaf

Lathym is ’n voormalige leerling aan die Humansdorp Sekondêre Skool, en Raylin het by Nico Malan High School skoolgegaan.

Lathym sê hulle het besluit om Woensdagaand laat wakker te bly sodat hulle vroeg Donderdagoggend die koerant kon gaan koop.

Dié twee het hulself sommer in die winkel neergeplak en deur die koerant begin blaai.

“Ek het heel eerste my skool gesoek. Raylin moes maar wag tot ek klaar was om Nico Malan se uitslae op te spoor.

“My hart het vinnig begin klop toe ek deur al die eksamennommers na myne soek. Ek kan nou nog nie die gevoel beskryf toe ek my nommer daar sien nie.

“Ek was opgewonde en net so verskriklik bly, want ek het alles ingesit vir die eksamen.”

Raylin sê hy was net so opgewonde, maar ook verlig toe hy op swart en wit kon sien hy het geslaag.

Die neefs was gedurende eksamentyd so hard aan die studeer dat hulle in daardie stadium geen kontak gehad het met mekaar nie, hoewel hulle in dieselfde straat woon.

Lathym beplan om onderwys te gaan studeer, terwyl Raylin ’n beroep gekies het in die regte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.