Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Nog tyd om in te skryf vir Matrikulant van die Jaar

Met slegs ’n maand oor voor die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad moet voornemende Kovsies hulle so gou as moontlik hiervoor inskryf.

Prysgeld en beurse van meer as R235 000 is op die spel vir die 25 semifinaliste in die kompetisie waaraan gr. 12-leerlinge van oor die land heen kan deelneem, wat beoog om volgende jaar aan die UV te studeer.

Die wenner en 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-Trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van UV Studentewerwingsdienste, asook die eindronde-geleentheid in Bloemfontein en geskenke ter waarde van R10 000.

Die ander 11 semifinaliste ontvang prysgeld van Kovsie Alumni-Trust en beurse van UV Studentewerwing.

Matrikulante wat akademies presteer, en ook by sport, leierskap en kultuur by hul skole betrokke is, kan inskryf.

Leerlinge se gemeenskapsdiens en -betrokkenheid word ook tydens die beoordeling in ag geneem.

Maryke du Pisanie, hoofmeisie en voorsitter van die verteenwoordigende raad van leerlinge (VRL) aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, wil ’n fisioterapeut word. Sy is subredakteur van die skoolkoerant en het aan die ATKV-tienertoneel deelgeneem. Maryke was ’n lid van die skool se o.19-netbalspan. Sy is ook ondervoorsitter van die VRL vir die Motheo-distrik.
Adil Dowlath, ’n matrikulant aan die Star College in Durban, wil medies studeer. Adil het aan wetenskap-olimpiades, ekspo’s en aanlynkompetisies (Engels) deelgeneem. Hy het ook onder meer sokker en vlugbal gespeel en aan atletiek deelgeneem.

Matrikulante kan hulself inskryf of hul skool kan hulle inskryf. Die skoolhoof se handtekening en die skool se stempel moet egter op die vorm aangebring word.

Alle inskrywings word volgens vaste kriteria beoordeel en 25 semifinaliste word aangewys. Altesaam 14 finaliste, wat uit die 25 gekies word, neem deel aan die eindronde in Bloemfontein van 5 tot 7 Oktober. Tydens die eindronde word onderhoude met die finaliste gevoer en neem hulle aan spansessies deel, waarna die wenner aangewys word.

Twee spesiale pryse van R5 000 elk word geborg deur die Kovsie Alumni-Trust en sal toegeken word vir uitstaande prestasie op die gebied van leierskap, akademie, sport of kultuur.

Die beurse en prysgeld word betaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het. Inskrywings moet die UV voor of op Vrydag 6 Augustus bereik.

Vir inskrywingsvorms of meer inligting, stuur e-pos aan Linda Greyling na greylinl@ufs.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.