Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Oos-Kaap presteer puik agter tralies

Suid-Afrika se tronkbevolking kan homself op die skouer klop: Die slaagsyfer vir gevangenes wat die 2019-matriekeksamen afgelê het, is 82,6% – hoër as die nasionale gemiddelde van 81,3% van “gewone” matrieks.

Die Oos-Kaap het ook twee van die drie top-presteerders landwyd opgelewer.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het die syfers gister by die Tswelopele-gevangenis in Kimberley bekend gemaak.

Ronald Lamola

Vanjaar se slaagsyfer vir gevangenes is vyf persentasiepunte hoër as die 77,3% van 2018 – ’n “fenomenale styging”, volgens Lamola.

Altesame 133 gevangenes het hul eindeksamen by die departement van korrektiewe dienste se 16 voltydse skole afgelê. By ses van dié skole was die slaagsyfer 100%. Die toppresteerder is Stangoni Sandile van die Usethubeni-jeugsentrum in Durban met ’n gemiddelde van 76,5%.

Kort op sy hakke is twee aangehoudenes van Cradock. Malwande Mandla het die tweede plek behaal met 76,4% en drie onderskeidings (Xhosa, lewensoriëntering en sakestudie). In die derde plek is Ganto Lesthego Thamie, ook van die Cradock-tronkskool, met ’n gemiddelde van 73,6% en onderskeidings in Xhosa en geskiedenis.

Lamola het gesê internasionale vereistes verg dat onderwys in tronke in pas met die onderwysstelsel van die res van die samelewing moet wees. “Die grondwetlike reg op onderwys word nie deur opsluiting beperk nie.”

Volgens hom was 2019 ’n relatief stabiele akademiese jaar in Suid-Afrika se tronke, met minder ontwrigting as gebruiklik. “Ons moet saamstaan en onderwys nie net as ’n basiese onderwyskwessie beskou nie, maar as ’n maatskaplike noodsaaklikheid.”

Lamola se departement, in samewerking met vennote, maak ook voorsiening vir gevangenes wat verder wil studeer.

“Ons verskaf vaardigheidsontwikkeling deur TVET-kolleges, wat die meeste gevangenes, vroue ingesluit, verkies.”

Die vaardighede wat hulle hier aanleer, help tronke om meer selfversorgend ten opsigte van kos, tronkuniforms, onderklere, kouse, skoene, beddegoed en meubels te wees.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matrieks  |  Matriek 2019  |  Gevangenes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.