Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
KYK: ‘Matrieks van 2020 triomfantlik onder groot druk’

Die uitslae van die nasionale seniorsertifikaat-eksamen is vanoggend bekend gemaak.

Die Wes-Kaapse matrieks se uitslae was net ná 12:00 beskikbaar.

Die spesiale Netwerk24 matriekuitslae-webtuiste het ál die uitslae en matrieknuus.

Netwerk24 se verslagspan het in die vreugde van die matriekklas van 2020 by verskillende skole gedeel.


23 Feb. 15:18:44

KYK: ‘Matrieks van 2020 triomfantlik onder groot druk’

“Ons leerlinge het deursettingsvermoë getoon onder moeilike omstandighede wat deur die Covid-19-pandemie aangevuur is. Hulle het hul families en hul land trots gemaak,” sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy sê matrieks moes onder uitdagende omstandighede vir die eksamen voorberei te midde van ’n nasionale ramptoestand.

“Daar moes ekstra tyd en werk ingesit word om die jaar te red.”

Ramaphosa sê die klas van 2020 bring ook herinneringe terug oor die generasie van 1976.

Hy het vir Teboho "Tsietsi" Mashinini aangehaal ter ere van die klas van 2020.

“Teen alle verwagtinge in het ons matrikulante deurgedruk en die eksamen afgelê. Soos Tsietsi enkele dae voor die noodlottige dag in Soweto gesê het: ‘Laat ons inderdaad die vordering wat gemaak is, eer’.”

Mashinini was ’n jeugleier gedurende die optogte op 16 Junie 1976 in Soweto.

23 Feb. 15:17:56

Megan Steenkamp, een van die Hoër Meisieskool Paarl se top-leerlinge, en haar ouers, Casper en Nadine, Dinsdag by die skool toe die matriekuitslae vir 2020 bekend gemaak is. Foto: Verskaf

23 Feb. 15:17:24

Margo Burnett, wat verlede jaar 'n matrikulant aan die Hoër Meisieskool Paarl was, en haar ma, Gretha, bestudeer haar uitslae. Die skool het 'n 100% slaagsyfer en 94% van die leerlinge het universiteitsvrystelling gekry. Foto: Verskaf

23 Feb. 14:47:48

Lesleigh Klazen van die Hoërskool DF Malan in Bellville kry haar uitslae Dinsdag by die skool. Van die skool se 2020-matriekklas het 97% universiteitsvrystelling en 487 A-gemiddeldes behaal. Die klasgemiddeld is 72,23%.  Foto: Verskaf

23 Feb. 14:37:07

Daniël Faure van die Hoërskool DF Malan in Bellville hou sy matrieksertifikaat omhoog nadat hy en al sy klasmaats matriek geslaag het. Die skool het ‘n 100% slaagsyfer. Foto: Verskaf

23 Feb. 14:16:50

Gary Creamer (links) en Ethan van der Merwe van die Hoër Jongenskool Paarl kyk met afwagting na hul uitslae. Foto: Verskaf


23 Feb. 14:16:17

Paul Roos het slaagsyfer van 99,6%

Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch se slaagsyfer is 99,6%, terwyl 25 van die leerlinge 'n gemiddeld van 90% en 40 leerlinge tussen 80% en 90% behaal het.

Altesaam 15 het agt A’s behaal, en 94% van die leerlinge het universiteitsvrystelling gekry. 

 

Verlede jaar se matrieks van pronk met hul sertifikate. Foto: Verskaf

23 Feb. 14:14:00

Leerlinge van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch glimlag breed agter hul maskers nadat hulle hul uitslae ontvang het.Van links is Craig Fester, Deovarn Booysen, Aidon Hamilton, Dean Achilles, Myron-Lee Jonkerman en Eagan van der Rheede. Foto: Verskaf

23 Feb. 14:00:18

Paul Roos se top-3

Die drie toppresteerders van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch is:

Bernard Combrink, wat ’n gemiddeld van 95,6%  en sewe onderskeidings behaal het, Michiel Kühn, wat ’n gemiddeld van 96% en tien onderskeidings behaal het, en Philip Botha wat ’n gemiddeld van 94,2% en sewe onderskeidings behaal het.

Foto: Verskaf

23 Feb. 13:29:46

Matrieks van die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres in die Wes-Kaap is ekstaties oor hul uitslae. Van links is JG du Toit, Bernard Rossouw, Tiaan de Waal en Jurihan Groenewald. Foto: Verskaf

Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matrieks  |  Uitslae  |  Onderwys  |  Matriek2020  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.