Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Rekeningkunde se vraestel was redelik
Matrikulante van Hoërskool Birchleigh in Kempton Park voel goed oor rekeningkunde vraestel 1. Van links is Kagiso Duba, Kabelo Kgopane, Cherubin Mayamona, Mihle Makaula, Rutendo Mukurunge en Nare Melhe. Foto: Brümilda Swartbooi

Matrikulante aan die Hoërskool Birchleigh in Kempton Park sê die rekeningkundevraestel wat hulle Vrydag geskryf het, was beslis billik.

Mihle Makaula, een van die leerlinge wat ná die tyd met Netwerk24 gepraat het, sê hy was bekommerd oor die balansstaat en kontantvloeistaat. Die balansstaat was toe nie in die vraestel nie en die kontantvloeistaat kon hy goed beantwoord omdat hy deeglik voorberei het.

“My hoofdoel was om die vraestel betyds te voltooi, en ek het. Ek het selfs tyd oorgehad om my antwoorde weer deur te lees,” sê Mihle. Dit is sy gunstelingvak.

Nare Melhe sê die vraestel was beter as wat hy verwag het. “Ek was voorbereid en die vraestel het oor die algemeen goed afgeloop. Die inkomstestaat was maklik terwyl die ouditverslag uitdagend was. Ek fokus meer op nommers en minder op die teorie,” sê hy.

Rutendo Mukurunge sê vir haar was die vraestel op standaard. “Jy moes jou werk ken om die vraestel goed te beantwoord.”

Cherubin Mayamona sê gelukkig was alles wat hy geleer het, in die vraestel en hy was in staat om al die vrae te beantwoord. Hy sê ook hy is slaggereed vir vraestel twee.

Kabelo Kgopane sê die vraestel was gebalanseerd. Volgens Kabelo was die vrae met nommers makliker, terwyl die teorie moeiliker was.

Kagiso Duba het ook die vraestel billik gevind.

Matrikulante skryf Maandag rekeningkunde se tweede vraestel.

Meer oor:  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.