Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
6 onderskeidings! ‘Met harde werk kan jy enigiets vermag’

Om ’n goue medalje vir ritmiese gimnastiek en ses onderskeidings in een jaar te verwerf is nie maklik nie, maar Karishma Naicker (18) sê met harde werk kan ’n mens enigiets vermag.

Boonop is dié voormalige matrikulant van die private skool Saheti, wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen geskryf het, deel van die land se top-1% in Engels.

Dit was ook een van haar gunstelingvakke op skool, sê sy. “Ons juffrou het dit altyd so lekker vir ons gemaak om klas toe te gaan. Jy kon terselfdertyd pret hê en leer,” sê Karishma.

Sy het ook haar onderwysers en afrigters bedank omdat hulle haar in 2019 tegemoet gekom het.

“Partymaal moes ek skool misloop en ander kere moes ek oefening misloop, maar almal het my geakkommodeer. Dit was wonderlik,” sê Karishma.

Karishma Naicker (18)

Sy het op sesjarige ouderdom met individuele ritmiese gimnastiek begin, maar het aan die begin van 2019 ’n groep gevorm om hul kanse op ’n goue medalje te vergroot.

Hulle het die medalje in September op die Suid-Afrikaanse kompetisie verower en gaan in Maart vanjaar aan die Afrika-kampioenskap in Egipte deelneem.

Een van die belangrikste goed wat sy in 2019 as deel van ’n span geleer het, is om meer geduld te hê.

“Die geduld is nie noodwendig vir my spanmaats nie, maar ek het ook geleer om meer geduldig met myself te wees. Skielik het dit nie meer oor myself gegaan nie, maar oor ons as ’n groep wat saam probeer om ’n doelwit te bereik,” sê Karishma.

Of daar ’n loopbaan vir haar in gimnastiek is, weet Karishma nog nie.

Sy gaan vanjaar fisioterapie aan die Universiteit van Pretoria studeer, “en ons sal maar moet sien of daar genoeg tyd is om albei voluit te doen”.

Haar groot droom is om aan die Olimpiese Spele deel te neem en sou haar loopbaan as fisioterapeut dit toelaat, is sy reg om in 2024 in Frankryk deel te neem.

Karishma het onderskeidings in Afrikaans, Engels, geografie, lewensoriëntering, lewenswetenskap en wiskunde gekry.

Karishma Naicker (18) in aksie by ’n kompetisie.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matriekeksamen  |  Matrieks  |  Ieb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.