Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Singende ingenieur-student sien uit na onafhanklikheid

Johan Piek (18) het sy matriekjaar aan die Hoërskool Centurion gepak en steeds uitgeblink ondanks die feit dat sy ma in dieselfde jaar gediagnoseer is met borskanker.

Johan Piek (18) van die Hoërskool Centurion. Foto: Andrea Küsel

Johan sê sy ma, Arina, is aan die einde van sy tweede kwartaal in sy matriekjaar met kanker gediagnoseer.

“Dit was nogal moeilik en ek kon dit in my Junie-eksamen se punte sien omdat dit geval het. Ek dink egter dit is nie so erg nie omdat ’n mens kán gesond word van borskanker, ondanks wat baie mense daaroor dink.”

Tog het dit ’n impak op sy lewe gehad omdat daar sommige take was wat hy by die huis moes oorneem omdat sy ma dit nie meer kon doen nie.

“Maar dit was nie so erg nie. Ons vat dit soos dit kom.”

Hy sê sy ma was byna twee maande lank in die hospitaal nadat sy sepsis ontwikkel het, maar dit gaan intussen baie beter met haar.

Hy het sewe onderskeidings verwerf in die matriekeksamen in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, inligtingstegnologie en fisiese wetenskap.

Sy gunsteling-vak is wiskunde. “Ek geniet dit eintlik maar net omdat ek goed is daarin. Dis lekker vir my om wiskunde te ontrafel as ek dit nie verstaan nie.”

Een van die hoogtepunte van sy skoolloopbaan was om deel te wees van die Drakensbergse Seunskoor waar hy van gr. 7 tot gr. 9 skoolgegaan het.

“Ons het elke dag sowat twee uur lank koor geoefen tussen die skoolgaan deur. In my tyd by dié koor was ons onder meer op toere na Kaapstad en Nederland.”

Toe hy later na die Hoërskool Centurion is, het hy ook in dié skool se koor gesing, asook in die Universiteit van Pretoria (UP) se jeugkoor.

Hy sê hy het sy liefde vir klassieke musiek by sy pa, André, geërf.

Johan is ’n bas en van sy gunsteling-liedjies om te sing is “Himne” geskryf deur Roelof Temmingh, asook “Gloria” deur John Rutter.

Hy sê hy het sy liefde vir klassieke musiek by sy pa, André, geërf.

Johan gaan vanjaar rekenaar-ingenieurswese aan die UP studeer. “Ek stel baie belang in inligtingstegnologie en ek hou daarvan om te programmeer. Ek hou ook daarvan om met my hande te werk, so die hardeware-aspek van dié studierigting is ook vir my lekker.”

Johan sê hy sien die meeste daarna uit om onafhanklik te wees in sy lewe ná skool. “Ek sien ook uit na die universiteitslewe en die veranderinge wat daarmee kom.”

Sy pa is ’n IT-bestuurder by FNB, en sy ma werk by die polisie se orkes as ’n musikant.

Meer oor:  Centurion  |  Matriek2019  |  Matriekeksamen2019  |  Matrieks  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.