Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Skok oor vraestelle wat oorgeskryf moet word
Elke PronkFoto: Verskaf
Karla BurgerFoto: Verskaf
Mihke van der WattFoto: Verskaf
Abigail TolligFoto: Verskaf

Daar is gemengde gevoelens onder matrieks oor die besluit dat alle matrikulante die tweede vraestel van fisiese wetenskap en van wiskunde moet oorskryf nadat dit uitgelek het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydagmiddag aangekondig dat dié eksamens onderskeidelik op 15 Desember en 17 Desember geskryf word.

Netwerk24 het met matrikulante aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria gepraat om te hoor hoe hulle oor die nuus voel.

Mihke van der Watt sê sy het in trane uitgebars toe sy hoor die twee vakke moet oorgeskryf word.

“Ek voel dis onregverdig, maar ek probeer positief bly. Nou moet ek weer deur die stres en leer gaan en ek het niks verkeerd gedoen nie.”

Mihke sou op 11 Desember klaar geskryf het.

Abigail Tollig sê sy het dit glad nie verwag nie. Sy het lekker geskryf en hard geleer vir fisiese wetenskap en wiskunde. Sy probeer egter positief bly.

“Alles werk ten goede uit.”

Ek voel dis onregverdig, maar ek probeer positief bly. Nou moet ek weer deur die stres en leer gaan en ek het niks verkeerd gedoen nie.

Abigail se ma, Adriana Tollig, sê haar gesin se vakansieplanne is omvergegooi. Hulle kan nou nie meer op 15 Desember vertrek nie. Sy sê natuurlik sal daar ’n koste-implikasie wees, maar die belangrikste is dat haar dogter goed vaar.

“Dis vir ons ’n skok. Ek het nie gedink die eksamen sal tot ná die 16de nog aangaan nie.”

Elke Pronk sê dis vir haar ’n groot skok en sy is hartseer oor die nuus. “Ek het gedink dit kan nie moontlik wees nie. Nou volg dit op ons harde jaar met al ons uitdagings. Ek het gedink my leerwerk is klaar.”

Karla Burger sê daar is ’n positiewe kant. “Daar is kans om te verbeter. Tyd om harder te leer. Ek het lekker geskryf, maar nie fantasties gevoel ná die tyd nie.”

Lees ook: Matrieks omgekrap oor herskryf van vraestelle in 'jaar sonder einde'

Anonieme kommentaar

’n Matrikulant wat anoniem wou bly, sê hy en van sy vriende voel negatief, kwaad en hartseer. Hy sê hy het nie verwag dinge sou so uitwerk nie.

“Nou dat dit ’n werklikheid is, is dit rof.”

Nog ’n matrikulant wat anoniem wou bly, sê sy het begin huil toe sy hoor sy moet die twee vakke oorskryf. “Dis baie onregverdig. Dit was ’n rowwe eksamen. Hoekom moet ek en die res wat dit (die uitgelekte vraestelle) nie gesien het nie, oorskryf? Dis twee moeilike vraestelle.”

Sy sê sy sou volgende week klaar skryf. “Ek was al in vakansie-mode. My Kersgeskenk is hierdie jaar wat net moet klaarmaak.”

Kommentaar op departement se Twitter-rekening

Intussen het kommentaar op die departement se Twitter-rekening ingestroom.

Een Twitter-gebruiker skryf; “Ons sal nie oorskryf net omdat ’n paar studente die vraestel gesien het nie, nou moet almal ly as gevolg van die onbevoegdheid van die departement. Dit is so onregverdig.”

Nog ’n gebruiker skryf: “Wie het julle die reg gegee om ons weer onder hierdie spanning te plaas? Het julle nie al genoeg gedoen nie?”



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.