Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Dís hoeveel matrieks wiskunde, wetenskap moet herskryf

Altesame 391 339 matrieks in Suid-Afrika sal wiskunde se tweede vraestel moet oorskryf en 282 327 sal die tweede fisiese wetenskappe-vraestel moet herhaal.

Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, sê wiskundige geletterdheid word nie oorgeskryf nie, slegs wiskunde. “Wiskundige geletterdheid is nooit eens genoem saam met die vakke waar vraestelle uitgelek het nie.”

Minister of Basic Education, Ms Angie Motshekga gi
Angie Motshekga. Foto: Argiewe

Die vraestelle wat wel herskryf moet word nadat dit uitgelek het kort voordat die matrieks hul eksamen daarvoor moes skryf, word nou op onderskeidelik 15 en 17 Desember herskryf.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag aangekondig die raad van onderwysministers het besluit die vraestelle moet herskryf word.

Eugenie Gregan het berig dit was volgens Motshekga nie moontlik om die volle omvang van die verspreiding van die uitgelekte vraestelle te bepaal nie omdat dit digitaal rondgestuur is.

Rolspelers in die onderwyssektor sê dis jammer dat onskuldige matrieks benadeel word, maar hulle meen ook herskryf is die beste opsie.

Mhlanga het Saterdagoggend gesê sommige leerlinge sal op 17 Desember ook rekenaartoepassingstegnologie (RTT) en inligtingstegnologie (IT) moet skryf omdat beurtkrag vroeër verhinder het dat dié leerlinge die praktiese eksamen van die vakke kon aflê.

• Wiskunde-vraestel 2 word op 15 Desember om 14:00 geskryf. Die tweede fisiese wetenskappe-vraestel word op 17 Desember om 09:00 herskryf. Leerlinge wat nog RTT en IT moet skryf, doen dit ook op 17 Desember om 14:00.

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Wetenskap  |  Matrieks  |  Uitgelekte Vraestelle  |  Vraestel  |  Wiskunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.