Chadleigh Ownhouse (17), die top-matrikulant in Nelson Mandelabaai, het sewe beurse waaruit hy kan kies om verder te gaan studeer.
Hy wil medies of chemiese ingenieurswese studeer.

Chadleigh Ownhouse (17) is die top-matrikulant in Nelson Mandelabaai.
Hy het sewe onderskeidings behaal en in net twee vakke minder as 90% gekry. Hy het 86% in Engels, 95% in Afrikaans, 88% in wiskunde, 95% in lewensoriëntering, 94% in geskiedenis, 95% in lewenswetenskappe en 93% in fisiese wetenskap.
Hy is al die afgelope vyf jaar ’n begunstigde van die United Through Sport (UTS) se Senior School of Excellence-program.
Dié program is daarop gemik om kinders vyf jaar lank onderrig van die beste gehalte te gee in samewerking met die skole waarmee UTS ’n vennootskap het. UTS help die begunstigdes ook met naskoolse studie. Tien van UTS se begunstigdes het nou matriek geskryf.
“Ek is baie bly ek hoef my nie te bekommer oor finansies nie. Ek is nou gereed vir die universiteit, en kan nie wag om te begin nie,” het hy gesê.