Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Toppresteerder mik na loopbaan by SpaceX

’n Werk by die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur Elon Musk se ruimtemaatskappy SpaceX of dalk by Nasa. Dít is waarvan die Nelson Mandelabaai-onderwysdistrik se topmatrikulant vir 2019 droom.

Chelsea Clotz van die Hoërskool Pearson spog met haar sertifikaat. Links staan Oscar Mabuyane, premier in die Oos-Kaap, en regs is Fundile Gade, LUR vir onderwys in die provinsie. Foto: Lulama Zenzile

Chelsea Clotz van die Hoërskool Pearson in Port Elizabeth is danksy haar gemiddelde van 91% aanvaar om megatronika by die Nelson Mandela-Universiteit in die stad te studeer. Sy beskou dié studierigting as die eerste stap van ’n loopbaan waar sy eendag in ’n ruimtestasie of by Nasa in Texas kan gaan werk.

Sy onthou die matriekjaar as “eksamen ná eksamen” en baie leerwerk. Sy het tussendeur selfs van die sosiale geleenthede wat deel was van haar matriekjaar kortgeknip om meer tyd agter die boeke deur te bring. Hoewel dit tóé ’n moeilike besluit was, is sy tevrede met die vrugte wat dit afgewerp het terwyl sy nou oor haar toekoms besin.

Benjamin Roode (middel) van die Grey High School in Port Elizabeth saam met Oscar Mabuyane (links), Oos-Kaapse premier, en Fundile Gade, LUR vir onderwys. Foto: Lulama Zenzile

Die onderwysdistrik se naasbeste matriekleerling is van die Grey High School in Port Elizabeth.

Benjamin Roode, wat ook die skool se dux-leerling was, sê hy was verras oor die aankondiging.

“Ek was aanvanklik geskok, maar ek het hard gewerk en is taamlik trots op myself en tevrede met die uitslae.”

Benjamin sê tussen al die afskeidspartytjies deur was tydbestuur een van sy grootste uitdagings.

Hy moedig vanjaar se matrikulante aan om van die eerste skooldag af seker te maak dat hulle byhou met die werk en die momentum tot die laaste eksamenvraestel toe vol te hou.

Meer oor:  Nasa  |  Hoërskool Pearson  |  Spacex  |  Elon Musk  |  Port Elizabeth  |  Loopbaan  |  Matriekuitslae  |  Toppresteerders  |  Toppresteerder  |  2019  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.