Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Wiskunde-slimkop se sakrekenaar is ‘sy beste vriend’

’n Jong man wat sy sakrekenaar as een van sy beste vriende beskou, is die Oos-Kaap se top-wiskunde-matrikulant vir 2019.

Anganathi Saho van die Bizana Senior Secondary School ontvang die top-wiskunde-toekenning van Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap. Foto: Lulama Zenzile

Fundile Gade, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, het Anganathi Saho van die Bizana Senior Secondary School in Bizana vereer nadat hy 100% vir wiskunde gekry het.

In teenstelling met wat sy vriende glo, sê Anganathi, droom hy nie heeldag van syfers nie.

“Ek het baie vriende. ’n Sakrekenaar is ook een van my beste vriende. Ek dink nie heeldag aan somme nie. Ek is net hier as die top-wiskunde-matrikulant omdat God dit só wou hê.”

Al het die nasionale en die Oos-Kaapse gemiddelde vir wiskunde in 2019 gedaal, beskou hy dit as een van die maklikste vakke op skool.

“Om ’n wiskundesom aan te pak moet daar begin word met ’n strategiese plan om die probleem op te los. Jy moet dink oor die doel van die probleem en dit ten volle verstaan. Sodra jy die probleem verstaan, kan jy die oplossing makliker raaksien.”

Sy benadering tot sy wiskundevraestelle is ook hoe hy die lewe en uitdagings aanpak. “ ’n Probleem bly ’n probleem. Dit moet van ’n kant af aangepak word om die oplossing te vind.”

Hy sal hom vanjaar by die Universiteit van Kaapstad aanmeld om medies te studeer.

Hy glo sy wiskundige manier van dink kan moontlik help om met geneesmiddels vir meer siektes vorendag te kom.

“Ek dink ek kan die brein wat God my gegee het, gebruik om geneesmiddels te help vind vir siektes wat die mense in ons land vernietig. Ek wil veral fokus op kanker. Ek dink die siekte is een van die ergste en so baie mense word daardeur geraak.”

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Matrieks  |  Matriekuitslae  |  2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.