Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
Wiskunde-vraestel lek elders uit

Maandag se tweede wiskundevraestel het voor die aanvang van die eksamensessie ook in ander provinsies uitgelek.

Die departement van basiese onderwys het die Valke gevra om hom by te staan met die ondersoek na die bron wat die vraestel uitgelek het, asook die omvang van die vraestel se verspreiding.

Die departement het kort ná Maandag se eksamensessie gesê die vraestel het in Gauteng en Limpopo uitgelek.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het Dinsdag aan Netwerk24 bevestig daar is bewyse dat kandidate in ander provinsies ook voor die sessie toegang tot die vraestel gehad het.

News24 berig dié kandidate is moontlik in Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

Volgens Mhlanga is die vraestel deur middel van WhatsApp-groepe versprei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.