Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 793 vas wat sonder rede of permit rondbeweeg

Die Wes-Kaapse verkeersdepartement het sedert die begin van die inperking Donderdag om middernag 1 793 mense in hegtenis geneem wat die regulasies van die inperking oortree het.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê hulle het óf in die strate rondgeloop sonder ’n permit, óf rondgery sonder ’n goeie rede.

Die distrik met die meeste sondaars is die Kaapstad-metro (830), gevolg deur die Eden-distrik (304), die Kaapse Wynland (228), die Weskus (218), die Overberg (166) en die Sentraal-Karoo (47).

Die oortreders het nie permitte of bewyse gehad dat hulle noodsaaklike personeel is nie en word nou in plaaslike polisiekantore aangehou.

Volgens Africa moet almal van hulle in die hof verskyn waar hulle om borgtog kan aansoek doen.

Ingevolge die regulasies kan oortreders tot ses maande tronkstraf gevonnis word, ’n boete opgelê word, of tot tronkstraf én ’n boete gevonnis word as hulle die reëls oortree.

“Ons doen ’n beroep op Suid-Afrikaners: Bly asseblief tuis. Bly in jou huis. Moenie uitgaan tensy dit uiters noodsaaklik is nie. Ons versoek motoriste om asseblief van die paaie af te bly.

“As jy op die pad moet wees, en nie na ’n koswinkel of hospitaal toe gaan nie, moet jy in besit wees van ’n permit wat vir jou magtiging gee om noodsaaklike dienste te doen. Moenie onnodige kanse vat nie.”

Tydens die inperking mag jy nie:

  • Jou huis of erf verlaat nie, tensy jy ’n noodsaaklike diens moet verrig of bekom, ’n maatskaplike toelaag moet gaan haal, of in ’n mediese noodsituasie verkeer (’n ongevalle-pasiënt) of mediese behandeling vir ’n kroniese toestand moet ontvang.
  • Saamtrekke word verbied. Daar word voorsiening gemaak vir begrafnisse wat deur ’n maksimum van 50 mense bygewoon mag word. Nagwake word verbied.
  • Niemand mag tussen provinsies reis nie.
  • Niemand mag tussen stede of verskillende munisipale streke reis nie.
  • Alle ondernemings sal hul deure sluit, behalwe as hulle op die lys is van noodsaaklike dienste.
Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Covid  |  Inhegtenisnemings  |  Inperkings  |  Permit  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.