Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 betrek by simkaarte se omruilings – Vodacom

Vodacom het ’n persoon geïdentifiseer wat verantwoordelik was vir onwettige beweerde simkaartomruilings wat gelei het dat ’n oud-Springbokkaptein duisende rande uit sy bankrekening verloor het.

Dit is onbekend of dit ’n Vodacom-werknemer is, maar Vodacom sê stappe sal ná ’n “volledige ondersoek” gedoen word.

Die selfoonmaatskappy het verlede week gereageer op navrae oor sy ondersoek na twee ongemagtigde simkaartomruilings waaroor daar in Mei berig is.

Dr. Dawie de Villiers, oud-Springbokkaptein en oudminister, en sy vrou, Suzaan, van Stellenbosch het in April vanjaar onder ’n onwettige simkaartomruiling deurgeloop. Foto: Yunus Mohamed

Dawie de Villiers, oud-Springbokkaptein en oudminister, en Wicus Pretorius, redakteur van die tydskrif Tuis, het in April deurgeloop onder ongemagtigde simkaartomruilings, waarna duisende rande uit hul Absa-rekeninge onttrek is.

Altesaam R500 000 is uit hul rekeninge onttrek nadat die beweerde simkaartomruilings in April gedoen is.

Volgens Vodacom het hy die bevindinge van die voorlopige ondersoeke aan De Villiers en Pretorius meegedeel, maar albei het dit die afgelope week ontken en voorheen ook gesê dat hulle geen terugvoering van Vodacom oor hul klagtes ontvang het nie.

Vodacom sê sy voorlopige ondersoek dui daarop dat Suzaan de Villiers, Dawie se vrou, se simkaart onwettig op 19 April omgeruil is.

“Die betrokke persoon is uitgeken en Vodacom sal aan die hand van die bevindinge van ’n volle ondersoek die gepaste stappe doen.”

Die bevindinge van Vodacom se voorlopige ondersoek is ook met die polisie gedeel en nog besonderhede kan nie bekend gemaak word nie omdat dit glo verdere ondersoeke kan belemmer.

Vodacom het bevestig dat hy sedert die simkaart-omruiling met De Villiers se rekening, verneem het dat die bank hulle die volle bedrag van sowat R430 000 vergoed het.

ie betrokke persoon is uitgeken en Vodacom sal aan die hand van die bevindinge van ’n volle ondersoek die gepaste stappe doen.

Absa het in Mei gesê vertroulike inligting van kliënte kan nie bekend gemaak word nie, maar bevestig dat hy De Villiers en Pretorius se klagtes ondersoek en die kwessie met hulle “uitgeklaar” het.

Die ondersoek na die simkaartomruiling waaronder Pretorius deurgeloop het, is volgens Vodacom “langdurig en kompleks” en het toegang tot ander maatskappye se stelsels en platforms vereis.

Sanelle Hobbs, Dawie en Suzaan de Villiers se dogter, sê meer as 40 begunstigdes is in April vir haar ouers se aanlyn bankrekeninge geskep en bedrae van R5 000 is daarin oorgeplaas.

Dit het gebeur terwyl Suzaan se simkaart glo nie op 21 April met die selfoonnetwerk kon verbind nie en kubermisdadigers glo met die simkaartomruiling toegang tot hul bankrekeninge gekry het.

Pretorius het ook in April net meer as R100 000 uit sy Absa-rekening verloor nadat sy Vodacom-simkaart tussen 17 en 18 April en weer op 1 Mei omgeruil is.

Sy foon het glo verbinding met die netwerk verloor toe hy kennisgewings ontvang het dat bykomende begunstigdes tot sy bankrekeninge aanlyn bygevoeg is.

Die bankombudsman het in Mei gesê meer as 160 klagtes is vanjaar al net oor selfoonbankdienste ontvang, terwyl 25% van klagtes van Januarie tot April oor internetbankbedrog gehandel het. Oor dieselfde tydperk is 74 klagtes oor bankbedrog met simkaartomruilings ingedien.

* In April is ook berig dat 20 kliënte van Absa en Standard Bank, wat miljoene rande in bedrieglike transaksies verloor het, regstappe teen die banke wil doen.

Meer oor:  Vodacom  |  Dawie De Villiers  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.