Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 dood, 1 beseer nadat rowers op geldwa toeslaan

Een persoon is dood en 'n wag is beseer toe rowers op 'n geldwa in Roodepoort aan die Wes-Rand toegeslaan het.

Luidens ’n verklaring van ER24 het die rooftog Vrydagoggend op die kruising van Hendrik Potgieter- en Ontdekkersweg plaasgevind.

Die toneel in Roodepoort waar die transitovoertuig staan waarvan die agterkant met plofstof oopgeblaas is.

“Die agterkant van die voertuig is met plofstof oopgeblaas. Een van die wagte het slegs ligte beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem."

Etlike minute later was daar egter nog 'n skietery daar naby in 14de Laan wat vermoedelik verband hou met die transitorooftog.

“Paramedici het afgekom op 'n man wat geskiet is, wat langs ’n insleepvoertuig gelê het. Hy is op die toneel dood verklaar,” lui ER24 se verklaring.

Navraag is aan die polisie gerig oor die twee voorvalle.

Die transitovoertuig in ’n straat in Roodepoort nadat rowers die agterkant daarvan met plofstof oopgeblaas het.

Meer oor:  Er24  |  Wes-Rand  |  Gauteng  |  Dood  |  Transito-Rooftog  |  Beseer  |  Transito  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.