’n Man is dood en twee ander gewond in ’n skietvoorval buite ’n poskantoor in Isipingo Rail buite Durban.
Volgens ’n verklaring deur die private veiligheidsmaatskappy, PT Alarms, het ’n man losgebrand op mense wat buite die poskantoor in Inwabi-rylaan in ’n ry gestaan het om hul maandelikse werkloosheidstoelae af te haal.
“Daar was glo ten tyde van die skietery ’n voorval oor wie waar in die ry staan, maar dit moet nog bevestig word,” lui die verklaring.
Sekerheidswagte het die skieter glo naby die poskantoor aangekeer.
Die polisie het nie onmiddellik op navraag reageer nie.
Volg Netwerk24 vir meer.

Die toneel Dinsdagoggend waar ’n man buite ’n poskantoor in Isipingo Rail doodgeskiet is. Foto: Verskaf