Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 dood, 3 gewond in skietery op M1 naby Sandton
Lede van die polisie is Woensdagmiddag besig met ’n ondersoek op die toneel waar vier vermeende rowers op die M1-snelweg naby Sandton geskiet is. Een van hulle is dood. Foto: Verskaf

’n Vermeende rower is Woensdagmiddag dood en drie ander gewond in ’n skietery op die M1-snelweg naby die Woodmead-afrit in Sandton.

Netwerk24 verneem by ’n ingeligte bron dat die skietery verband hou met ’n begeleide voertuig waarin ’n waardevolle artikel vermoedelik vervoer is. Dié voertuig was glo die teiken van die vermeende rowers.

Die voorval het Woensdag omstreeks 12:00 gebeur en owerhede is steeds op die toneel.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het Woensdagmiddag gesê ’n formele polisieverklaring oor die voorval sal binnekort uitgereik word.

Die berig is aangepas met nuwe inligting nadat dit oorspronklik gepubliseer is. 

Die toneel Woensdagmiddag op die M1-snelweg naby Sandton waar ’n vermeende rower doodgeskiet en drie ander beseer is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Woodmead-Afrit  |  Sandton  |  N1  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.