Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 dood, 4 vas ná jaagtog toe kroeg beroof is

’n Groep vermeende rowers was Dinsdagmiddag in ’n ongeluk nadat hulle op ’n kroeg in Vredenburg toegeslaan en die polisie hulle agternagesit het.

Vyf vermeende rowers was Dinsdag in ’n ongeluk in Vredenburg nadat die polisie hulle ná ’n rooftog by ’n kroeg agternagesit het. Foto: SAPD

Polisielede op dié Weskusdorp is om 12:30 ná ’n rooftog op die hoek van Velddrifweg en Skoolstraat ontbied.

Vyf gewapende mans het na bewering in ’n wit Toyota Etios weggery en die polisie het hulle in die rigting van Louwville agternagesit toe die motor in ’n ongeluk betrokke was. Een van die insittendes het gesterf.

Die polisie in Vredenburg aan die Weskus het Dinsdag op vuurwapens, selfone en kontant beslag gelê ná ’n rooftog by ’n kroeg op die dorp.Foto: SAPD

Die ander vier insittendes is in hegtenis geneem en na die hospitaal geneem, lui ’n verklaring van die polisie.

Nadat die mans aangekeer is, het die polisie op twee vuurwapens, selfone wat glo geroof is en ’n onbekende bedrag kontant beslag gelê.

Hulle sal in die landdroshof in Vredenburg verskyn.

Meer oor:  Vredenburg  |  Polisie  |  Kroeg  |  Jaagtog  |  Beroof  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.