Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 dood, baba gewond in skietery in Boksburg

Een persoon is Vrydagoggend dood en drie ander gewond in ’n skietvoorval in Rondebult-rylaan naby die Kingfisherlaan-afrit in Boksburg.

Charl van der Merwe, eienaar van Graphite-veiligheidsdienste, sê een van die gewondes is ’n baba.

“ ’n Man is in ’n motor doodgeskiet, terwyl ’n vrou, nog ’n man en die baba gewond is,” sê hy.

Nooddienste en die polisie op die toneel waar een persoon doodgeskiet en drie ander gewond is. Foto: Verskaf

Volgens hom het ’n Ford-bakkie in Rondebult-rylaan die BMW-motor van die slagoffers van agter gestamp en vasgepen.

“ ’n Man het toe uit die bakkie gespring en op die insittendes van die BMW begin skiet met ’n AK-47.”

Hy sê ’n Ford EcoSport word ook met die voorval verbind.

“Die aanvallers het die Ford-bakkie op die toneel gelos en in ’n Ford EcoSport gespring en weggejaag,” sê Van der Merwe.

Die polisie het nog nie op navrae gereageer nie.

Volg Netwerk24 vir meer.

Meer oor:  Boksburg  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Baba  |  Man  |  Polisie  |  Skietery  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.