Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 vas – 6 jaar ná boer se moord

’n Verdagte sal Woensdag in Petrus Steyn in die Vrystaat in die hof verskyn vir die moord op Jan de Kock (69) wat in Julie 2014 vermoor is.

Die moord op De Kock het die gemeenskap destyds geruk.

Hanno, De Kock se seun, sê sy pa is die Sondagmiddag nadat hy na sy beeste gaan kyk het, in die skuur op sy plaas, Groot Waag, oorval.

Hy is met draad vasgebind en versmoor deurdat plastieksakke in sy mond gedruk is.

Sover bekend was daar drie aanvallers.

Jan en Marietjie de Kock van Petrus Steyn.

Nadat hy vermoor is, is die aanvallers na die plaasopstal. Die mans het geëis dat sy ma, Marietjie, die kluis oopsluit.

“In die Here se naam sal julle nie aan my raak nie,” het sy glo gesê, waarna sy in die badkamer toegesluit is.

Die moordenaars het vuurwapens en kontant uit die kluis gebuit en met De Kock se bakkie weggery.

Hanno sê die familie is dankbaar dat daar nou, ná ses jaar, iets gebeur en dat iemand aangekeer is.

“Nou moet ons hoop die regstelsel laat ons nie in die steek nie,” sê hy.

“Ons het soms ongeduldig geraak, maar alles gebeur in die Vader se tyd.”

Sy ma woon deesdae in Pretoria.

A.o. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het Maandag bevestig dat ’n 36-jarige man in verband met De Kock se moord in hegtenis geneem is.

Jan de Kock (69) is in 2014 buite Petrus Steyn op sy plaas vermoor.

Steyn sê die man is in 2017 in Sharpeville in hegtenis geneem nadat hy in besit van een van De Kock se handwapens betrap is tydens ’n ander misdaad.

Die klag teen die man is voorlopig in die landdroshof in Vereeniging teruggetrek, hangende verdere ondersoek.

Sy sê ’n lasbrief is in Mei 2019 weer vir die man se inhegtenisneming uitgereik.

Hy is op 20 Oktober vanjaar deur die polisie van Sasolburg in ’n plakkerkamp by Sharpeville opgespoor, en sal nou in Petrus Steyn in die hof verskyn op ’n aanklag van moord.

Sakkie Bosman, veiligheidskoördineerder in die gebied, sê die aanvallers is almal van een familie en hy glo dit het die ondersoek moeilik gemaak.

Bosman sê die boere se eie inligtingsnetwerk het die polisie gehelp om die verdagte op te spoor en almal is nou verheug dat daar uiteindelik iets van dié moordondersoek kom.

Meer oor:  Vrystaat  |  Moord  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.