Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 vas ná R10 miljoen-transitoroof

’n Jaar nadat ’n groep transitorowers ’n geldwa buite Bloemfontein opgeblaas en met meer as R10 miljoen weggekom het, is een van die vermeende rowers uiteindelik vasgetrek.

Die geldwa van SBV lê ’n jaar gelede buite Bloemfontein op een sy in die middel van die pad nadat transitorowers met hul motor daarteen vasgejaag het.

David Lebakeng Mokodutlo (42), van Thaba Nchu, het Maandag vlugtig op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die besit van plofstof in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Luidens ’n voorlopige klagstaat was Mokodutlo betrokke by ’n transitorooftog op 25 Oktober verlede jaar toe ’n groep gewapende mans ’n geldwa van SBV sowat 10 km buite Bloemfontein van R10 662 000 beroof het.

Johan de Vries, aanklaer, het voor landdros Vuyelwa Mahamba gesê die staat gaan Mokodutlo se aansoek om borgtog teenstaan.

Mokodutlo het ’n hangende saak van gewapende roof in Khutsong, Gauteng, teen hom.

Mokodutlo se regsverteenwoordiger, Joseph Kgoelenya, het gesê Mokodutlo het ’n vorige veroordeling. Hy het in 2012 ’n opgeskorte vonnis weens poging tot roof ontvang. Dié vonnis is in geheel opgeskort.

Landdros Mahamba het Mokodutlo se formele borgtogaansoek tot volgende week uitgestel.

Netwerk24 het voorheen berig rowers het in ’n wit Mercedes-Benz met aanvalsgewere op die geldwa geskiet wat na Aliwal-Noord in die Oos-Kaap onderweg was.

Die wrakstukke van die wit Mercedes-Benz wat in ’n transitorooftog teen ’n geldwa van SBV gejaag het.

Daarna het hulle reg van voor teen die geldwa vasgejaag om dit tot stilstand te dwing.

’n Veiligheidswag het sy skouer beseer toe die geldwa omgeslaan en op een sy tot stilstand gekom het.

Die rowers het na bewering plofstof gebruik om die voertuig se kluis oop te skiet om die geld te buit.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Transito
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.