Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10 in hof vir wapens, dagga

Tien mans tussen 18 en 62 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Estcourt, KwaZulu-Natal, in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en patrone, asook dagga, verskyn.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, sê lede van verskillende polisie-eenhede, onder meer die spesiale taakmag, eenheid vir openbare orde en die taktiese reaksie-eenheid, het Sondag op die verdagtes by hul huise in die Nyezane-omgewing toegeslaan nadat hul inligting opgevolg het.

“Daar is op ’n AK-47-geweer, drie .303-jaggewere, vyf pistole en 108 patrone beslag gelê. ’n Groot hoeveelheid dagga is ook gekry,” sê Naicker.

“Die moontlikheid word ondersoek dat daar ’n verband tussen die mans wat aangekeer is en ’n string moorde in Amangwe is.”

Tien mans tussen 18 en 62 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Estcourt, KwaZulu-Natal, in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens, patrone en ’n groot hoeveelheid dagga verskyn. Foto: SAPD

Meer oor:  Hof  |  Wapens  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.