Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10-jarige saam met familielede doodgeskiet

Vier familielede, onder wie ’n jong seun, is Donderdag koelbloedig in Nyanga buite Kaapstad doodgeskiet.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê speurders van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek die skietvoorval in Makhosistraat, Browns Farm, waarin Sithule Mahashe (18), Asanele Mahashe (30), Mqhazana Mahashe (69) en Ahlume Mahashe (10) dood is.

Ahlume sou binnekort sy 11de verjaardag vier.

Volgens Potelwa het twee mans Donderdag omstreeks 22:00 die familie se huis binnegestorm en op hulle losgebrand.

Netwerk24 het betroubaar verneem Sithule is in die leefvertrek in ’n plas bloed gevind. Asanele is in die gang gekry en die ouma en kleinseun langs die bed in ’n slaapkamer. Dit is nie duidelik wat die twee jonger vroue se familieverwantskap is nie.

Hulle is almal in die kop geskiet en die polisie het verskeie patroondoppies in die huis gekry.

’n Vyfde persoon is gewond en na die hospitaal geneem, sê Potelwa.

Potelwa sê ’n 72-uur-aktiveringsplan is in werking gestel en beamptes is op soek na die verdagtes.

Enigeen met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel, of die MySAPS app gebruik.

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad  |  10-Jarige Doodgeskiet  |  Skietvoorval  |  4 Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.