Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10 vas nadat diesel, batterye, wiele gevind is

Die polisie in die Vrystaat het tien mense wat daarvan verdink word dat hulle ’n vragmotor se diesel gesteel het, by Kestell in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê verskeie polisie-eenhede het Woensdag saam opgetree om die verdagtes vir verskeie misdade aan te keer.

Makhele sê die polisie het inligting ontvang om op die uitkyk te wees vir mense wat met ’n swart Audi-sedan rondry. Die motor is op die N5 naby Kestell gesien en die polisie het twee insittendes in hegtenis geneem. Dieselkanne en ’n stuk tuinslang is by hulle gevind.

Van die verdagtes wat die polisie in hegtenis geneem het met van die vermoedelik gesteelde sonpanele en vragmotorwiele. Foto: SAPD

Nadat die polisie hulle ondervra het, is die ondersoek na Harrismith uitgebrei. Hier is nog vier mense in hegtenis geneem.

Makhele sê die polisie het op ’n wit Toyota-bakkie beslag gelê wat moontlik gebruik is om die diesel te vervoer. Daar is ook drie vragmotorwiele, drie selfoontoringbatterye, vier houers vol diesel, ’n kragopwekker en sonpanele op dieselfde eiendom gevind.

Makhele sê vier mense is hier in hegtenis geneem waarna die polisie se ondersoek daartoe gelei het dat nog vier mans in Kestell aangekeer is.

Die polisie het op kanne met diesel daarin, selfoontoringbatterye, vragmotorwiele, ’n kragopwekker en twee voertuie beslag gelê tydens ’n optrede by Kestell en Harrismith. Op die foto is die houers met diesel. Foto: SAPD

Die groep word verbind met twee rooftogte die afgelope naweek in Harrismith.

Die taktiese reaksiespanne van Parkroad, Selosesha en Phuthaditjhaba het saam met Welkom en Bethlehem se honde-eenhede en die teenbende-eenheid gewerk om die tien in hegtenis te neem.

Makhele sê die mans sal op klagte van gewapende roof en die besit van gesteelde eiendom in die landdroshof op Harrismith verskyn.

Meer oor:  Vrystaat  |  Vragmotor  |  Diesel  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.