Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10 vas weens speserye onder vervalste handelsnaam

Polisie het in die Vaaldriehoek afgekom op ’n fabriek waar speserye ter waarde van duisende rande onder ’n vervalste handelsnaam verpak word.

Oral in die fabriek het speserye rondgestaan wat in die speserymengsels gebruik is. Foto: SAPD

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die fabriek is geleë op ’n kleinhoewe buite Meyerton.

Tien mense – twee van Chinese afkoms en die res van Mosambiek – is Donderdag op die kleinhoewe in hegtenis geneem.

Die ondersoek was deel van Operasie O Kae Molao wat in die Sedibeng-gebied gedoen is as deel van die polisie se misdaadvoorkomingsveldtog vir die feestyd.

Al tien die verdagtes is oorhandig aan die departement van binnelandse sake om vas te stel of hulle wettig in Suid-Afrika is.

In die fabriek het die polisie ’n groot verskeidenheid sakke gekry met poeierstof wat vermoedelik in die speserymengsels gebruik is.

Beslag is ook gelê op masjiene wat gebruik is om die speserye te meng, af te weeg en te verpak.

Ondersoek word nog gedoen om vas te stel waar die speserye vandaan kom. Die polisie is ook in kontak met die werklike vervaardiger om vas te stel waar die verpakkings vandaan kom.

Peters het Vrydag bevestig dat indien die tien verdagtes onwettig in die land is, hulle onmiddellik gedeporteer sal word. So nie, sal hulle aangekla word.

In die fabriek in Meyerton het die polisie beslag gelê op pakkies poeierstof en masjiene wat gebruik is om speserye onder ’n vervalste handelsnaam te verpak.Foto: SAPD
Die polisie is in kontak met die vervaardiger wie se produk vervals is om te probeer vasstel waar die verpakkings vandaan kom. Foto: SAPD
Meer oor:  Meyerton  |  Vervalste Goedere  |  Spesery  |  Vervalsing  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.