SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
10 vermeende perlemoenstropers in nag vasgetrek
Van die vermeende stropers wat aangekeer is.Foto: Verskaf
Van die perlemoene waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

Wetstoepassers het Dinsdagnag ná ’n kat-en-muis-speletjie met vermeende perlemoenstropers in die Millerspunt- en Simonstad-omgewing tien mense vasgetrek wat glo by ’n grootskaalse stropery in die gebied betrokke was.

Beslag is gelê op 410 geskulpte perlemoene en 191 ongeskulpte perlemoene, asook op duiktoerusting, het Wayne Dyason, woordvoerder van Kaapstadse wetstoepassingseenheid, gesê.

Volgens hom het hul lede saam met sekerheidsbeamptes in die gebied opgetree om die stropers vas te trek.

“Nadat inligting oor die onwettige aktiwiteite ontvang is, het die gewone kat-en-muis-speletjie tussen die beamptes en die stropers gevolg. Dit het geëindig toe tien verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is.”

Die omgewingsdrukgroep Community Against Abalone Poaching (CAAP) het vroeër aangevoer dat die polisie in die Wes-Kaap onbevoeg is om die perlemoenstropers vas te vat.

Leo van Dyk, sekretaris van CAAP, het toe gesê die perlemoenstropery is buite beheer en dat die polisie geen benul het hoe om hierdie misdade hok te slaan nie.

Meer oor:  Stropery  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.