Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10 vroue daagliks in Limpopo verkrag

Minstens tien vroue word elke dag in Limpopo verkrag, sê Suzan Phala, DA-lid in die provinsiale wetgewer.

Sy sê dit is as gekyk word na die nuutste misdaadstatistieke wat Donderdag in die parlement bekend gemaak is.

“Dit is onaanvaarbaar dat geweldsmisdaad in groot gebiede van Limpopo gestyg het,” sê Phala.

Daar was ’n toename in geweldsmisdaad in Polokwane, sowel as Seshego en Mankweng, wat buite die stad geleë is.

Verkragtings het met 3 301 aangemelde sake in die 2017-’18-boekjaar tot 4 501 in die 2018-’19-boekjaar gestyg. Dit is ’n styging van 30,7%.

Moord in Limpopo het met 0,3% gestyg van 911 aangemelde sake in 2017-’18 tot 914 in 2018-’19.

Rooftogte het met 2,4% gestyg.

Veediefstal het met 2,4% gestyg tot 2 908 aangemelde sake in die 2018-’19-boekjaar vanaf die 2 839 die vorige boekjaar.

Winkeldiefstal het met 67% gestyg van 3 259 aangemelde sake in die 2017-’18-boekjaar tot 6 557 sake in die afgelope boekjaar.

Nóg ’n styging (14,2%) was in die aanmelding van dronkbestuur. Altesaam 6 557 sake is in die 2018-’19-boekjaar aangemeld teenoor 5 684 in die vorige boekjaar.

Phala sê ’n afvaardiging van die DA beplan om sekere polisiekantore in Limpopo te besoek. Volgens haar is daar ’n tekort aan polisielede in Limpopo en dit word vererger deur ’n tekort aan hulpbronne soos voertuie.

“Mense voel nie veilig in hul eie huise nie, dit is onaanvaarbaar,” sê sy.

Meer oor:  Limpopo  |  Verkrag  |  Parlement  |  Misdaadstatistiek  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.