Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
100MenMarch Donderdag in Kaapstad

Die #100MenMarch skuif Donderdag na Kaapstad, waar staatsamptenare, sakemanne en aktiviste 12:00 gaan begin stap om bewustheid oor geweld teen vroue en kinders te skep.

Die regeringskommunikasiedienste (GCIS) lei dié optog vir die Wes-Kaap.

Die optoggangers ontmoet mekaar by die Keizergracht, oorkant die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie se kampus, en sal na verwagting om 14:00 voor die parlement eindig.

Die #100MenMarch is Dinsdag in Pretoria teen geweld teen vroue en kinders gehou. Foto: Deaan Vivier

Volgens die GCIS sal verkeer slegs tydelik ontwrig word en verkeersbeamptes sal aan diens wees om die verkeersvloei te verseker.

Darlingstraat, Adderleystraat, Spinstraat en Pleinstraat in die middestad sal geraak word.

Dié optog volg ná Dinsdag se #100MenMarch in Pretoria.

Bheki Cele, minister van polisie, praat by Dinsdag se #100MenMarch in Pretoria teen geweld teen vroue en kinders. Foto: Deaan Vivier

“Deur saam met sakeorganisasies, burgerlike organisasies en regering aan die optog deel te neem, wys deelnemers

’n verenigde verbintenis daartoe om die plaag van geweld teen vroue en kinders te beveg,” lui ’n uitnodiging na die optog.

“Die optog sal 100 mans vanuit verskeie dele van die samelewing trek om op sigbare wyse saam te staan en te eis dat Suid-Afrika veiliger vir vroue en kinders gemaak word.”

Die GCIS noem ook dat ’n gemiddeld van een uit elke vyf Suid-Afrikaanse vroue ouer as 18 jaar al fisieke geweld ervaar het.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag in Pretoria aan honderde jong mans by die optog gesê dat hulle hul manlikheid verloor as hulle hul hand vir ’n vrou lig en dat hulle vroue moet beskerm en bedien.

Die optog maak deel uit van die eeufeesvierings ter ere van oudpres. Nelson Mandela en Albertina Sisulu.

* Lees meer hier.

Lees ook:

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/kyk-lig-nie-jou-hand-stap-weg-se-cele-by-optog-20180710

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/groot-optog-begin-in-pretoria-20180710

Meer oor:  Bheki Cele  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.