Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10de aanval vanjaar op paramedici in W-Kaap

Die tiende aanval vanjaar op lede van die Wes-Kaapse nooddienste (EMS) het Saterdag omstreeks 15:23 by die Surrey Estate in die Manenberg-gebied plaasgevind.

Twee paramedici, ’n man en ’n vrou, het gereageer op ’n noodoproep toe die pasiënt se familie hulle fisies aangerand het, luidens ’n verklaring.

Die voorval is die tiende van sy soort sedert 1 Januarie vanjaar.

Die familie wou hê dat die pasiënt na die Groote Schuur-hospitaal vervoer word pleks van die Heideveld-gemeenskapskliniek. Ingevolge standaardprotokol moet pasiënte egter na die naaste hospitaal aan hul tuiste vervoer word. Die paramedici het toe na die ambulans gestap om ’n oproep te maak na die kommunikasiesentrum om uit te vind of hulle die pasiënt wel na die Groote Schuur-hospitaal mag neem. Die familie het aggressief geraak en die paramedici gevloek, gestamp en begin slaan, luidens die verklaring.

Die familie het uiteindelik gesê hulle sal ’n ander ambulansdiens skakel.

Die paramedici is nie ernstig beseer nie en het berading ontvang. Die voorval is by die polisie in Manenberg aangemeld.

Die aanval word sterk veroordeel. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid doen ’n beroep op die publiek om hulle te weerhou van aanvalle op paramedici in die moeilike tye waar ’n noodsaaklike diens gelewer word.

Meer oor:  Aanval  |  Ambulans  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.