Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
11 000 gestroopte vetplante teruggekry

Sowat 11 000 bedreigde vetplante wat in die noorde van die Wes-Kaap gestroop is, is teruggevind en die stropers is in hegtenis geneem.

Anton Bredell, LUR vir onder meer omgewingsake, sê in ’n verklaring beamptes van CapeNature op Vanrhynsdorp en lede van die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies, asook die provinsiale verkeersdepartement, het ’n gesamentlike operasie gedoen om stropers vas te trek.

Die stropers is op onderskeidelik 30 April en 8 Mei in die Matzikama- munisipale gebied in hegtenis geneem.

Dit volg volgens Bredell op toenemende biodiversiteitsmisdade in die gebied die afgelope twee jaar, veral wat betref die stroop van vetplante en akkedisse vir onwettige handel.

Bredell wys daarop dat hoewel natuurreservate en parke tydens die staat van inperking gesluit is, word die gebiede steeds gepatrolleer om stropery te keer.

Drie groepe stappers is in April in die Cederberg-wildernisgebied in hegtenis geneem. Hulle is aan die polisie oorhandig, wat hulle beboet en op waarskuwing vrygelaat het.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Bedreigde Spesies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.